Tien spanne kan nog Super Rugby uitkloprondes haal!

May 6 • General News, South Africa, Super Rugby, Super Rugby News • 3204 Views • Comments Off on Tien spanne kan nog Super Rugby uitkloprondes haal!

1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (1 votes, average: 1.00 out of 5)
Loading...

Die Toyota Cheetahs het die afgelope naweek ‘n welverdiende ruskansie ná 11 taai naweke gehad, waarin hulle onder andere hul besoek Doer Onder gehad het en drie van hul vier wedstryde gewen het.

Daar was ná die naweek se kragmetings g’n verandering onder die top 6-spanne nie en is die Brumbies, Chiefs, Bulle, Reds, Blues en die Toyota Cheetahs steeds in die volgorde.

Tien spanne kan nog die uitkloprondes haal.

Naweek se wedstryde

Die Bulle is die enigste van vier ander Suid-Afrikaanse spanne wat die afgelope naweek in aksie was, wat hul wedstryd – teen die Hurricanes in Pretoria met 48-18 – gewen het.

Die Haaie het teen die Highlanders met 22-25 vasgeval, die Stormers het teen die Blues in Auckland met 17-18 verloor en die Waratahs het die Southern Kings in Port Elizabeth met 72-10 verniel.

Dis asof die Crusaders nuwe lewe het met die terugkeer van Dan Carter, hul All Black-losskakel en hul ongelooflike generaal. Carter was die groot argitek in die Crusaders se knap wegsege oor die voorloper in die kompetisie, die Brumbies, in Canberra met 30-23.

Die Waratahs het ook met hul kragvertoning teen die Kings in die Baai gewys hulle gaan gewis nie nou handdoek ingooi nie.

Terloops, dit lyk of die Toyota Cheetahs vanjaar die enigste Suid-Afrikaanse span gaan wees wat drie van hul vier toerwedstryde gewen het. Die Bulle het drie van hul vier wedstryde verloor, terwyl die Southern Kings hul eerste twee wedstryde verloor en in die laaste twee in een (teen die Brumbies) gelykop gespeel en die ander een teen die Rebels gewen het.

Die Haaie het hul eerste twee toerwedstryde verloor en moet nog teen Reds (Saterdag) en Western Force speel. Die Stormers het hul eerste wedstryd teen die Hurricanes gewen en afgelope Saterdag teen die Blues vasgeval. Saterdag wag die omgekrapte Waratahs in Sydney op die Stormers en dan pak hulle die Rebels in Melbourne.

“Nuwe oë” nou op Toyota Cheetahs

Té veel moes ‘n mens dit dié rugbyseisoen hoor die Toyota Cheetahs se gunstige posisie is daaraan toe te skryf dat hy sy oorwinnings oor die “swak” spanne in vanjaar se kompetisie behaal het.

Die Toyota Cheetahs het die volgende sewe spanne geklop:

Highlanders (36-19) – wat pas die Haaie in Dunedin met 25-22 geklop het;

Waratahs (27-26) – wat die Chiefs, die huidige kampioen wat tweede op die puntelys is, met 25-20 geklop het en die Kings met 72-10 verslaan het;

Western Force (19-10) – wat die Crusaders (16-14 – sewemalige kampioen) en die Reds (19-12 – ‘n voormalige kampioen) gestuit het;

Stormers (26-24) – wat die Brumbies, huidige voorloper, met 35-22 ore aangesit het;

Haaie (12-6 – wat in 2012 ‘n finalis was) – wat die Crusaders met 21-17 geklop het;

Southern Kings (26-12) – wat op hul toer met die Brumbies (28-28) gelykop gespeel het.

Én, die Rebels (34-16).

Kortom: Hoe straf hierdie Super-kompetisie werklik is dat selfs die agteros-spanne die top-spanne se kop op enige gegewe dag kan opeis – soos toe die Kings onlangs in Canberra die vyfmalige finalis en tweemalige kampioen, die Brumbies, in sy agterplaas in Canberra tot ‘n gelykopuitslag gedwing het.

Hef aan lê vir Toyota Cheetahs voor

Die Toyota Cheetahs is ná die naweek se reeks wedstryde die sesde opeenvolgende week sesde, nadat hulle op 23 Maart nog 9de was. Die twee topspanne dring outomaties deur tot die halfeindstryd, terwyl die vier ander spanne eers sake in ‘n kwarteindronde uitspook, voor die twee wenspanne hier die twee topspanne in die halfeindronde aandurf.

Die Toyota Cheetahs hét, ondanks vele terugslae met beserings, nou reeds ‘n rekordgetal sewe van hul tien ligawedstryde gewen – saam met die Brumbies, Chiefs, Bulle en die Reds die meeste seges tot dusver vanjaar.

Én, die Toyota Cheetahs is die enigste van die 15 spanne wat húl 10 ligawedstryde agtereenvolgens afgehandel het – die eerste keer in die bestaan van die kompetisie dat ‘n span 10 wedstryde sonder ‘n ruskansie tussenin afgehandel het.

Trouens, die Blues (36 punte), Stormers (29), Waratahs (30), Rebels (22) en die Highlanders (14) het al twee af-naweke gehad! Die Bulle (37) kry die komende naweek hul tweede loslootjie.

‘n Taai, opdraande stryd wag dus nog vir die Toyota Cheetahs in die tweede skof van die reeks. Daar is nog vier tuiswedstryde oor, terwyl die Stormers en die Southern Kings weg aangedurf sal word.

Die Toyota Cheetahs se program vir die res van die 2013-seisoen is:

Komende Vrydag – Hurricanes (11de – tuis).

18 Mei – Reds (4de – tuis).

25 Mei – Southern Kings (14de – weg).

1 Junie – Bulle (3de – tuis).

7 Junie – Tweede loslootjie.

29 Junie – Stormers (10de – weg).

6 Julie – Blues (5de – tuis).

Reuse-tellings

In ‘n klompie wedstryde wêreldwyd is die afgelope paar dae wéér groot tellings en oorwinnings aangeteken:

In Montevideo het Argentinië sy kwalifiserende wedstryde vir die Wêreldbeker-toernooi in 2015 in Engeland en Wallis teen Chili (85-10) en Brasilië (83-0) met reuse-tellings gewen. Die Poemas het telkens 13 drieë gedruk. Patricio Fernandez (losskakel) het teen Chili met 10 doelskoppe en ‘n drie vir 25 punte gesorg, terwyl Dan Isaack, plaasvervanger-heelagter, vier van die 13 drieë gedruk het. Argentinië, wat teen Uruguay met ‘n gans nuwe span op die veld is, het dié wedstryd met 29-18 gewen. Die Argentyne gebruik hierdie Suid-Amerikaanse kampioenskapsreeks as “proewe” met die oog op die WB-toernooi in 2015.

In die Super Rugby-kompetisie het die Waratahs die Southern Kings in Port Elizabeth met 72-10 verslaan – wat die Waratahs se grootste sege sedert 1996 is.

 

 

Uitslae

North Harbour-stadion, Palmerston North – Blues 18 (straf: Chris Noakes 6 – Spelers met meer as 75 wedstryde: Keven Mealamu 147 – die naasmeeste in Super-rugby, Ali Williams 110, Piri Weepu 108: Stormers 17 (drieë: Jean de Villiers 2 – sy totaal is nou 25 drieë; doel: Joe Pietersen 2; straf: Pietersen – sy totaal is nou 307 punte; Spelers met meer as 75 wedstryde: Andries Bekker 103, Duane Vermeulen 81, Bryan Habana 111, Jean de Villiers 91- sy 50e as kaptein; dit was Allister Coetzee se 58e wedstryd as Stormers-afrigter). Dit was die Stormers se 200e Super-wedstryd sedert 1998.

AAMI-PARK, Melbourne – Chiefs 39 (drieë: Brodie Retalick, Bundee Aki, Gareth Anscombe 3 – sy eerste drie het gekom ná 54 sek. in die eerste helfte, Sam Cane; doel: Anscombe 3; straf: Anscombe – sy 163 punte vanjaar is tot dusver die meeste en sy Super-totaal is nou 265 punte; Spelers met meer as 75 wedstryde: Craig Clarke 79, Liam Messam 106, Lelia Masaga 83, Hika Elliott 78); Rebels 33  (drieë: Hugh Pyle, Kurtley Beale, Nick Phipps, Scott Higginbotham; doel: James O’Connor 4 – sy totaal is nou 482 punte; Spelers met meer as 75 wedstryde: Nic Henderson 113, Kurtley Beale 82.

Forsyth Barr-stadion, Dunedin – Highlanders 25 (drieë: Aaron Smith, Colin Slade, Shaun Treeby; doel/straf: Slade 2; Spelers met meer as 75 wedstryde: met 358 wedstryde saam die mees ervare voorry in die Super-geskiedenis: Tony Woodcock 119, Andrew Hore 139, Chris King 105; Brad Thorn 100, Hosea Gear 95); Haaie 22 (drieë: Lwazi Mvovo, Meyer Bosman; doel: Patrick Lambie 2; straf: Lambie – sy totaal is 463 punte; Spelers met meer as 75 wedstryde: Jannie du Plessis 108, Meyer Bosman 104, Franco van der Merwe 85, Keegan Daniel 90, JP Pietersen 95; dit was John Plumtree se 72e wedstryd as afrigter). Steve Walsh, die Australiese skeidsregter, het in sy 90ste Super-wedstryd opgetree. Dit was die Highlanders se eerste oorwinning vanjaar ná agt nederlae en hul eerste ná 11 agtereenvolgende nederlae sedert 1 Junie 2012. Dit was die Haaie se vierde opeenvolgende nederlaag vanjaar.

NIB-stadion, Perth –Western Force 11 (drie: Ben McCalman; straf: Sias Ebersohn 2 – sy totaal is nou 276 punte; Spelers met meer as 75 wedstryde: Matt Hodgson 90, Alby Matthewson 94, Richard Brown 85, Brett Sheahan 89); Reds 11 (drie: Chris Feauai-Sautia; straf: Quade Cooper 2 – sy totaal is nou 539 punte; Spelers met meer as 75 wedstryde: Saia Faingaa 88, Greg Holmes 98, James Horwill 83 – sy 49e as kaptein, Will Genia 81, Cooper 82, Digby Loane 84; dit was Ewan McKenzie se 125e wedstryd as Super-afrigter). Dit was die 34e gelykop-uitslag in Super-rugby.

Nelson Mandela-baaistadion, Port Elizabeth – Waratahs 72 (drieë: Ben Volavola, Cam Crawford 3 – sy eerste drie was né 36 sek. Op die telbord – die 12e vinnigste drie ná afskop in ‘n wedstryd, Dave Dennis, Israel Folau, Kane Douglas, Michael Hooper, Peter Betham 2; doel: Brendan McKibbin 5, Matt Lucas 2; straf: McKibbin; Spelers met meer as 75 wedstryde: Benn Robinson 104, Tatafu Polota-Tau 100, Wycliff Palu 87, Adam Ashley-Cooper 104); Southern Kings 10 (drie: Sergeal Petersen; doel/straf: Demetri Catrakilis; Spelers met meer as 75 wedstryde: Steven Sykes 78). Die Waratahs se 72 punte is die 7e meeste deur ‘n span in ‘n Super-wedstryd; die Waratahs se sege met 62 punte is hul grootste en die 5e grootste in enige Super-wedstryd; die Waratahs se 11 drieë ewenaar hul meeste drieë in ’n wedstryd; én dis die 3e meeste drieë in Super-rugby). Dit was die Suid-Afrikaanse skeidsregter, Jonathan Kaplan, se 106e wedstryd – wat die Super-rekord is. Dit was ook Kaplan se 410e eersterangse wedstryd – wat verreweg die SA rekord is.

Loftus Versfeld, Pretoria – Bulle 48 (drieë: Akona Ndungane – sy 31e Super-drie, Dean Greyling, Deon Stegmann, JJ Engelbrecht, Lionel Mapoe, Louis Fouché; doel: Steyn 5, Fouché; straf: Steyn 2 – sy Super-totaal is nou 1 349 punte en sy algehele eersterangse totaal het hy tot 2 754 punte opgeskuif; Spelers met meer as 75 wedstryde: Werner Kruger 85, Pierre Spies 99, Jano Vermaak 98, Morné Steyn 116, Akona Ndungane 90; dit was mnr. Frans Ludeke se 110e wedstryd as afrigter); Hurricanes 14 (drieë: TJ Perenara 2; doel: Beauden Barrett 2 – sy Super-totaal is nou 305 punte; Spelers met meer as 75 wedstryde: Ben Franks 92, Jeremy Thrush 74, Jason Eaton 88, Conrad Smith 92). Dit was die Bulle se 100e oorwinning in 204 Super-wedstryde, én dit was die Hurricanes se derde grootste Super-nederlaag.

Canberra-stadion, Canberra – Crusaders 30 (drieë: Andy Ellis – sy 18e Super-drie, Israel Dagg – sy 22e Super-drie, Zac Guildford – sy 29e Super-drie; doel/straf: Dan Carter 3 – Sy rekord Super-totaal is nou 1 447 punte: Spelers met meer as 75 wedstryde: Corey Flynn 128, Wyatt Crockett 114, Andy Ellis 99; mnr. Todd Blackadder se 75e as afrigter); Brumbies 23 (drieë: Ben Mowan, Matt Toomua; doel: Christian Lealiifano, Toomua; straf: Lealiifano 3 – sy Super-totaal is nou 303 punte; Spelers met meer as 75 wedstryde: Stephen Moore 111, George Smith 137.

(*) – Die Toyota Cheetahs het ná 11 weke ‘n blaaskansie gehad.

Vodacom Super-puntestand

 

SPAN

S

W

V

G

PV

PT

NETTO

DV

DT

BONUS VERLOOR

BONUS DRIEë

PUNTE

Gekombineerde Puntestand
Brumbies

11

7

2

2

304

193

111

30

20

1

4

41

Chiefs

10

7

3

0

316

231

85

35

26

2

6

40

Bulle

10

7

3

0

284

204

80

25

21

2

3

37

Reds

11

7

2

2

214

200

14

21

14

1

2

39

Blues

9

5

4

0

218

169

49

24

14

4

4

36

Toyota Cheetahs

10

7

3

0

225

213

12

23

19

2

1

35

Crusaders

10

6

4

0

273

210

63

27

18

3

3

34

Waratahs

10

5

5

0

278

260

18

31

25

1

1

30

Haaie

10

5

5

0

229

189

40

20

19

3

2

29

Stormers

9

4

5

0

189

187

2

17

11

4

1

29

Hurricanes

10

5

5

0

229

268

-39

24

30

2

2

28

Rebels

10

2

8

0

221

327

-106

24

41

4

2

22

Force

11

2

8

1

180

260

-80

17

26

4

0

18

S.Kings

10

2

7

1

188

354

-166

17

42

0

1

15

Highlanders

9

1

8

0

175

258

-83

18

27

2

0

14

Suid-Afrikaanse Konferensie
Bulle

10

7

3

0

284

204

80

25

21

2

3

37

Toyota Cheetahs

10

7

3

0

225

213

12

23

19

2

1

35

Haaie

10

5

5

0

229

189

40

20

19

3

2

29

Stormers

9

4

5

0

189

187

2

17

11

4

1

29

S.Kings

10

2

7

1

188

354

-166

17

42

0

1

15

Nieu-Seelandse Konferensie
Chiefs

10

7

3

0

316

231

85

35

26

2

6

40

Blues

9

5

4

0

218

169

49

24

14

4

4

36

Crusaders

10

6

4

0

273

210

63

27

18

3

3

34

Hurricanes

10

5

5

0

229

268

-39

24

30

2

2

28

Highlanders

9

1

8

0

175

258

-83

18

27

2

0

14

Australiese Konferensie
Brumbies

11

7

2

2

304

193

111

30

20

1

4

41

Reds

11

7

2

2

214

200

14

21

14

1

2

39

Waratahs

10

5

5

0

278

260

18

31

25

1

1

30

Rebels

10

2

8

0

221

327

-106

24

41

4

2

22

Force

11

2

8

1

180

260

-80

17

26

4

0

18

Voorste puntemakers

Team

Tries

Gareth Anscombe Chiefs

5

30

26

0

163

Morné Steyn Bulle

2

18

33

1

148

Christian Lealiifano Brumbies

2

17

32

0

140

Patrick Lambie Haaie

0

10

32

1

119

James O`Connor Rebels

1

19

21

0

106

Beauden Barrett Hurricanes

0

17

24

0

106

Brendan McKibbin Waratahs

0

15

25

0

105

Joe Pietersen Stormers

0

13

26

0

104

Quade Cooper Reds

2

15

21

0

103

DemetriCatrakilis Southern Kings

0

9

24

1

93

Dan Carter Crusaders

1

16

11

0

70

Chris Noakes Blues

1

10

13

0

64

Tyler Bleyendaal Crusaders

1

4

15

0

58

Sias Ebersohn Western Force

0

5

14

2

58

Colin Slade Highlanders

1

7

12

0

55

Burton Francis Toyota Cheetahs

0

7

11

1

50

Voorste drie drukkers

7 – Henry Speight (Brumbies)

6 – Israel Folau (Waratahs); Tim Nanai-Williams (Chiefs).

5 – Gareth Anscombe (Chiefs); Jesse Mogg (Brumbies); Frank Halai (Blues); Raymond Rhule (Toyota Cheetahs); Alfi Mafi (Western Force).

4 – Bernard Foley (Waratahs); Gio Aplon (Stormers); Cam Crawford (Waratahs); Scott Higginbotham (Rebels); Willie le Roux (Toyota Cheetahs); TJ Perenara (Hurricanes); Sergeal Petersen (Southern Kings); Charles Piutau (Blues); Kade Poki (Highlanders); Hugh Pyle (Rebels); Ged Robinson (Rebels); Julian Savea (Hurricanes); Joseph Tomane (Brumbies).

Komende bepalings

(SA afskoptye)

Vrydag – 10 Mei

Pukekohe (09:35) – Chiefs teen Western Force.

Brisbane (11:40) – Reds teen Haaie.

Vrystaat-stadion, Bloemfontein– Toyota Cheetahs teen Hurricanes.

 

 

Die Toyota Cheetahs sê Vrydagaand, 10 Mei die Hurricanes die stryd aan in ‘n Vodacom Super Rugby kragmeting in die Vrystaat Stadion, Bloemfontein.  Die wedstryd skop om 19:10 af.  Hekke open om 16:00 en Ricus Nel tree na afloop van die wedstryd by die Castle Deck op.

Daar is ook verskeie drankvrye area in Vrystaat Stadion, nl. op die hoofpaviljoen en die middelste blokke op die boonste en onderste vlakke van die ooppvaljoen.  Ondersteuners word gevra om drankgebruik op ‘n verantwoordelike wyse te handhaaf.  Ouers kan ook met ‘n geruste hart hul kinders onder toesig in die Toyota kinderarea laat speel.   Ondersteuners kan ‘n vleisie kom braai by die Weberbraai area in die Vrystaat Stadion.  Bring jou gesin en kom kuier lekker saam.

Rugbykaartjies vir Vrydag se wedstryd is te koop by die kaartjiekantoor in Vrystaat Stadion.  Kaartjies vir die Hoofpawiljoen kos R80, R60 vir volwassenes op die ooppawiljoen en R20 vir studente en kinders en is te koop by die kaartjiekantoor in Vrystaat Stadion.  Koop jou kaartjie voor Vrydag en kry 10% afslag.

Saterdag – 11 Mei

Auckland (09:35) – Blues teen Rebels.

Sydney (11:40) – Waratahs teen Stormers.

Nelson Mandelabaai-stadion, Port Elizabeth (17:05) – Southern Kings teen Highlanders.

(*)Loslootjies – Brumbies, Bulle, Crusaders.

 

 

 

Uitslae

Kingspark, Durban – Goue Leeus 42 (drieë: Anthony Volmink – hy’t reeds 11 drieë in vanjaar se kompetisie gedruk, Hugo Kloppers, Chrysander Botha; doel: Marnitz Boshoff 3; straf: Boshoff 6; skep: Boshoff); Haaie XV (drie: Sizo Maseko; doel: Fred Zeilinga; straf: Zeilinga 6 – hy’t 154 punte in sy 7 wedstryde aangeteken).

Mbombela-stadion, Nelspruit – Pumas 44 (drieë: Rosko Specman 3, Vincent Koch, Carl Bezuidenhout; doel: Bezuidenhout 5; straf: Bezuidenhout 3 – dit was Corné Steenkamp, die kaptein, se 126e wedstryd vir die Pumas); Pampas XV 37 (drieë: Manuel Montero, Martin Garcia Veiga, Ramiro Moyano, Rodrigo Baez, Tomas Cubelli; doel: Santiago Gonzalez Iglesias 3; straf: Gonzalez Iglesias  2).

Nuweland, Kaapstad – Westelike Provinsie 21 (drieë: Cheslin Kolbe 2; doel: Kurt Colema; straf: Coleman 3); Griekwas 13 (drieë: Marnus Schoeman; doel: Pieter-Steyn de Wet; straf: De Wet 2).

Loftus Versfeld, Pretoria – OP Kings 34 (drieë: Dalton Davis, Lizo Gqoboka, Mpho Mbiyozo, Stefan Willemse; doel: Kayle van Zyl, Wesley Dunlop 3; straf: Scott van Breda 2); Blou Bulle 31 (drieë: Dries Swanepoel, Basil Short, Sampie Mastriet, Wiaan Liebenberg; doel: Handré Pollard 4; straf: Pollard).

Finale Vodacombeker-puntestand

SPAN

S

W

V

G

PV

PT

NETTO

DV

DT

BV

BT

PUNTE

Noordelike Afdeling
Pumas

7

6

1

0

414

131

283

60

15

0

5

29

Blou Bulle

7

5

2

0

435

159

276

59

20

2

6

28

Griekwas

7

4

3

0

296

161

135

43

24

0

6

22

GoueLeeus

7

4

3

0

320

154

166

47

17

1

4

21

LuiperdsXV

7

4

3

0

289

158

131

38

18

2

3

21

Griffons

7

3

4

0

133

245

-112

18

33

0

1

13

Valke

7

2

5

0

139

269

-130

18

40

0

1

9

Lim B Bulle

7

0

7

0

32

781

-749

3

119

0

0

0

Suidelike Afdeling
Haaie XV

7

6

1

0

279

166

113

32

18

1

4

29

WP

7

5

1

1

208

153

55

26

20

1

4

27

OP Kings

7

5

1

1

191

154

37

22

16

0

3

25

Pampas

7

4

2

1

238

192

46

32

25

0

4

22

VS XV

7

2

5

0

195

190

5

25

22

5

4

17

SWD

7

1

6

0

147

202

-55

18

22

4

2

10

Grens

7

2

5

0

143

239

-96

15

34

1

0

9

Boland

7

1

5

1

151

256

-105

19

32

2

1

9

Komende Halfeindstryde

(Die afskop tye sal later bekend gemaak word)

Mbombela-stadion, Nelspruit – Pumas teen OP Kings.

Ellispark, Johannesburg – Goue Leeus teen Westelike Provinsie.

Vroue Rugby

Die Vroue Rugby liga het die afgelope naweek afgeskop met ‘n sewes toernooi.  Die doel van die toernooi was om ‘n platform vir vroue rugby te vestig en om vroue rugby in die Vrystaat te bemark.

Uitslae:

 

TYD SPANNE TELLING WEN
10:00-10:20 Batho VS SANDF 15-5 SANDF
10:20-10:40 Rocklands VS CUT 10-0 CUT

 

11:00-11:20 CUT VS SANDF 22-0 SANDF
11:20-11:40 Rocklands VS Batho 10-0 Batho

 

12:00-12:20 SANDF VS Rocklands 40-5 SANDF
12:20-12:40 Batho VS CUT 30-5 Batho

Spanne word herinner aan Vrystaat proewe wat op 18 May 2013 plaasvind.  Kontak Orna Prinsloo vir meer inligting – 051 407 1745.

Inligting deur:  Frikkie van Rensburg (Toyota Cheetahs Rugby Union)

Related Posts

« »