Toyota Cheetahs maak dit sewe

Apr 29 • General News, Super Rugby, Super Rugby News • 3796 Views • Comments Off on Toyota Cheetahs maak dit sewe

1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (1 votes, average: 5.00 out of 5)
Loading...

In ‘n naweek waar reuse-tellings in internasionale rugby, die Vodacom Super-kompetisie en die Vodacombeker-reeks opgestapel is, het die Toyota Cheetahs hul strawwe wedstryd teen die Southern Kings in die Vrystaat-stadion met 26-12 gewen.

Die Toyota Cheetahs is ná die naweek se reeks wedstryde die vyfde opeenvolgende week sesde, nadat hulle op 23 Maart nog 9de was.

Die Toyota Cheetahs hét, ondanks vele terugslae met beserings, nou reeds ‘n rekordgetal sewe van hul tien ligawedstryde gewen – saam met die Brumbies en die Reds die meeste seges tot dusvêr vanjaar.

‘n Goeie Seisoen

Dié sewe oorwinnings is die meeste wat die Toyota Cheetahs in hul agt seisoene se deelname behaal het, én daar’s nog ses wedstryde oor. Die Toyota Cheetahs het daarmee hul rekord van 2006, 2010, 2011 en 2012 verder oortref.

Die Toyota Cheetahs se 435 punte, 44 drieë en 40 ligapunte in 2011 is húl seisoenrekords. Tans het die Toyota Cheetahs 225 punte aangeteken (die 4de meeste) en 23 drieë gedruk (óók die 4de meeste).

Dit is jammer dat die twee, drie keer wat die Toyota Cheetahs oor die Kings-doellyn was, dat Adriaan Strauss en sy manne nie daardie belangrike vierde bonuspunt-drie behaal het nie. Bonuspunte kan teen die einde bepalend wees wanneer beslis moet word watter ses spanne steeds teen die einde in die wedloop is.

Die Blues het byvoorbeeld net vier van hul agt wedstryde gewen, maar hul agt bonuspunte het hulle totaal tot 32 punte help opskuif.

10 in ‘n ry

Én, die Toyota Cheetahs is die enigste van die 15 spanne wat húl 10 ligawedstryde agtereenvolgens afgehandel het – die eerste keer in die bestaan van die kompetisie dat ‘n span 10 wedstryde sonder ‘n ruskansie tussenin afgehandel het.

Bonus Punte

Trouens, die Blues (32 punte), Stormers (28), Waratahs (25), Rebels (20) en die Highlanders (10) het al twee af-naweke gehad! Die Highlanders is die enigste van die 15 spanne wat nog g’n oorwinning behaal het nie. Dié span van Dunedin in die Suid-eiland van Nieu-Seeland kon in hul agt wedstryde nog net twee bonuspunte verdien deur met minder as 7 punte te verloor.

Die Toyota Cheetahs, wat drie van hul vier kragmetings op toer gewen het, het net soos die Bulle (wen een uit vier) en die Southern Kings (wen een van vier, maar speel ook teen die Brumbies in Canberra gelykop) húl oorsese toer afgehandel.

Die Haaie en die Stormers het die afgelope naweek gemengde welslae in hul eerste toerwedstryde gehad, deurdat die Stormers die Hurricanes in Palmerston North met 18-16 getroef het, maar die Haaie het ‘n moontlike sege teen die kampioen van 2012, die Chiefs, in Hamilton weggesmyt. Die Chiefs was met 37-29 baas.

Die komende naweek verdien die Toyota Cheetahs dus vier punte vir hul blaaskansie, wat hulle totaal na 35 punte sal opskuif.

Die naweek vir ander SA spanne

Terwyl die Toyota Cheetahs dus die komende naweek heerlik gaan terugsit en herstel van die stampe en stote van die afgelope elf weke, is die druk geweldig kwaai op veral die Bulle (3de – 32 punte) en die Stormers (10de – 28 punte) om hul onderskeie wedstryde teen die twee Nieu-Seelandse spanne – Hurricanes (9de – 28 punte) en die Blues (5de – 32 punte) te wen om in die wedloop vir ‘n plek in die uitklopfase te bly. Die Stormers speel in Auckland teen die Blues.

Gelukkig vir die Bulle durf hulle die Hurricanes op Loftus Versfeld aan, terwyl die Haaie teen die houtlepelspan van die reeks, die Highlanders, in Dunedin speel.

Enige van die eerste elf spanne kan nog die uitklop-fase haal, maar die uitslae van die komende naweek se kragmetings kan baie maklik die lot van spanne soos die Crusaders (7de – 30 punte) – wat teen die Brumbies 1ste – 40 punte in Canberra), Haaie, Hurricanes, Stormers en die Waratahs verseël.

Hef aan lê nóú voor

‘n Taai, opdraande stryd wag dus nog vir die Toyota Cheetahs in die laaste deel van die reeks. Daar is nog vier tuiswedstryde oor, terwyl die Stormers en die Southern Kings weg aangedurf sal word.

Die Toyota Cheetahs se program vir die res van die 2013-seisoen is:

3 Mei – Eerste loslootjie.

10 Mei – Hurricanes (9de – tuis).

18 Mei – Reds (4de – tuis).

25 Mei – Southern Kings (14de – weg),.

1 Junie – Bulle (3de – tuis).

7 Junie – Tweede loslootjie.

29 Junie – Stormers (10de – weg).

6 Julie – Blues (5de – tuis).

Toyota Vrystaat XV

Die Toyota Vrystaat XV het toe nie die vanjaar tot die kwarteindronde van die Vodacombeker-reeks deurgedring nie. Die Vrystaters van Hercú Liebenberg het Saterdag in hul laaste ligaverpligting van die 2013-seisoen moontlik die beste vertoning van die kompetisie gelewer, maar dit was nie goed genoeg nie. Die Westelike Provinsie het die Vrystaat XV met 41-37 verslaan.

Boonop het die OP Kings met húl bonuspunt-sege van 27-23 oor Boland-Kavaliers op Malmesbury sy voorsprong heeltemal buite bereik van die Vrystaters gerek.

Daar was geen onoorwonne span in die twee afdelings nie, en die Pumas (Noord) en die Haaie XV (Suid), wat die onderskeie wenners is, het elkeen net een wedstryd verloor. In die Noorde het die sterker spanne amok gemaak en die Limpopo Blou Bulle vyf keer met meer as 100 punte geklop.

Reuse-tellings

In ‘n klompie wedstryde wêreldwyd is die afgelope paar dae groot telling en oorwinnings aangeteken:

In Tokio het Japan die Filippyne met 121-0 afgeransel. Die Japanse heelagter, Ayumu Goromaru, het met ‘n drie, 14 doelskoppe en ‘n strafdoel vir 36 van Japan se punte gesorg.

Die telling tussen die Chiefs en die Haaie was 37-29; en die Brumbies het Western Force met 41-7 verslaan.

In die Vodacombeker-wedstryde het die Haaie XV die Pampas met 46-31 geklop; die Blou Bulle het die Griffons met 89-10 verniel; die Griekwas het die Valke met 40-7 geklop; die Goue Leeus het die Limpopo Blou Bulle met 161-3 verrinneweer; én, die WP het die Vrystaat XV met 41-37 uitgestof.

In die Bloemfonteinse ligas het die Irawas in die Eerste Liga met 76-17 oor Polisie geseëvier; en het die Kovsies se Onder21-span in die Tweede Liga die span Mangaung met 92-0 verslaan – met nog 25 minute se speeltyd oor.

 

 

Uitslae

FMG-stadion, Palmerston North – Stormers 18 (drieë: Gio Aplon, Michael Rhodes; doel: Joe Pietersen; straf: Pietersen 2 – sy total is nou 300 punte) – Spelers met meer as 75 wedstryde: Andries Bekker 102, Duane Vermeulen 80, Bryan Habana 110, Jean de Villiers 90 – dit was Allister Coetzee se 57e wedstryd as Stormers-afrigter); Hurricanes 16 (drieë: André Taylor, Matt Proctor; straf: Beauden Barrett 2) – Spelers met meer as 75 wedstryde: Ben Franks 91, Jason Eaton 87, Conrad Smith 91). Steve Walsh het in sy 89e wedstryd as skeidsregter opgetree.

Suncorp-stadion, Brisbane – Reds 12 (straf: Quade Cooper 4 – sy totaal is nou 533 punte; Spelers met meer as 75 wedstryde: Saia Faingaa 87, James Horwill 82, Will Genia 80, Quade Cooper 81, Digby Loane 84, Greg Holmes 97 – mnr. Ewan McKenzie was in sy 124e wedstryd as afrigter betrokke); Blues 11 (drie: Jackson Willson; straf: Albert Nikoro, Chris Noakes – Spelers met meer as 75 wedstryde: Ali Williams 109, Piri Weepu 107, Keven Mealamu 146). Craig Joubert was in sy 63e wedstryd die skeidsregter.

Waikato-stadion, Hamilton – Chiefs 37 (drieë: Tim Nanai-Williams 2, Bundee Aki, Asaeli Tikoirotuma; doel: Gareth Anscombe 4; straf: Anscombe 2, Aaron Cruden – sy 400e Super-punte; Spelers met meer as 75 wedstryde: Craig Clarke 78, Liam Messam 105, Tanerau Latimer 89, Lelia Masaga 82); Haaie 29 (drieë: Derick Minnie 2, Keegan Daniel, Lubabalo Mtembu; doel: Patrick Lambie 3; straf: Lambie – sy toitaal is 456 punte; Spelers met meer as 75 wedstryde: Jannie du Plessis 107, Meyer Bosman 103, Odwa Ndungane 100, Franco van der Merwe 84, Keegan Daniel 89; dit was John Plumtree se 71e wedstryd as afrigter). Chris Pollock, die Nieu-Seelandse skeidsregter, het in sy 50ste Super-wedstryd opgetree – die elfde blaser wat die Super-mylpaal haal.

Canberra-stadion, Canberra – Brumbies 41(drieë: Henry Speight 2 – sy totaal is 18 drieë, Jesse Mogg, Joseph Tomane, Siliva Siliva; doel: Christian Lealiifano 4; straf: Lealiifano – sy totaal is 292 punte; Spelers met meer as 75 wedstryde: Stephen Moore 110, George Smith 136); Western Force 7 (drie: Matthew Hodgson; doel: Jayden Hayward; Spelers wat meer as 75 wedstryde gespeel het: Matthew Hodgson 89, Richard Brown 84, Alby Matthewson 93).

Loftus Versfeld, Pretoria – Bulle 30 (drieë: Francois Hougaard, Morné Steyn; doel: Steyn; straf: Steyn 6 – sy Super-totaal is nou 1 333 punte en sy algehele eersterangse total het hy tot 2 738 punte opgeskuif; Spelers met meer as 75 wedstryde: Werner Kruger 84, Pierre Spies 98, Jano Vermaak 97, Morné Steyn 115, Akona Ndungane 89; Dit was mnr. Frans Ludeke se 109e wedstryd as afrigter); Waratahs 19 (drieë: Bernard Foley, Israel Folau, Paddy Ryan; doel: Brendan McKibbin 2; Spelers met meer as 75 wedstryde: Benn Robinson 103, Tatafu Polota-Nau 99, Wycliff Palu 86, Adam Ashley-Cooper 103). Die Waratahs het laas op 9 Maart 2002 op Fort Loftus met die Bulle afgereken.

Vrystaat-stadion, Bloemfontein – Toyota Cheetahs 26 (drieë: Pieter Labuschagne, Raymond Rhule, Willie le Roux; doel: Burton Francis; straf: Francis 3; Spelers met meer as 75 wedstryde: Adriaan Strauss 82 – sy 37e as kaptein; Hennie Daniller 77 – dit was Coenie Oosthuizen se 50e Super-wedstryd; dit was Naka Drotské se 81e wedstryd as afrigter); Southern Kings 12 (straf: Demetri Catrakilis 4; Spelers met meer as 75 wedstryde: Luke Watson 85, Steven Sykes 77).

AMI-stadion, Christchurch – Crusaders 30 (drieë: Tyler Bleydendaal, Zac Guildford – sy 28e Super-drie; doel: Tom Taylor; straf: Taylor 6; Spelers met meer as 75 wedstryde: Corey Flynn 127, Wyatt Crockett 113, Andy Ellis 99; mnr. Todd Blackadder se 74e as afrigter); Rebels 26 (drieë: Ged Robinson, James O’Connor, Scott Higginbotham; doel: O’Connor; straf: O’Connor – sy totaal is nou 474 punte; Speler met meer as 75 wedstryde: Nic Henderson 112).

(*) – Die Highlanders het hul tweede loslootjie gehad.

Vodacom Super Rugby-puntestand

SPAN

S

W

V

G

PV

PT

NETTO

DV

DT

BV

BT

PUNTE

Gekombineerde Puntestand
Brumbies

10

7

1

2

281

163

118

28

17

0

4

40

Chiefs

9

6

3

0

277

198

79

29

21

2

5

35

Bulle

9

6

3

0

236

190

46

19

19

2

2

32

Reds

10

7

2

1

203

189

14

20

13

1

2

37

Blues

8

4

4

0

200

152

48

24

12

4

4

32

Toyota Cheetahs

10

7

3

0

225

213

12

23

19

2

1

31

Crusaders

9

5

4

0

243

187

56

24

16

3

3

30

Haaie

9

5

4

0

207

164

43

17

16

2

2

28

Hurricanes

9

5

4

0

215

220

-5

22

24

2

2

28

Stormers

8

4

4

0

172

169

3

15

11

3

1

28

Waratahs

9

4

5

0

206

250

-44

20

24

1

0

25

Rebels

9

2

7

0

188

288

-100

19

35

3

1

20

Force

10

2

8

0

169

249

-80

16

25

4

0

16

S. Kings

9

2

6

1

178

282

-104

16

31

0

1

15

Highlanders

8

0

8

0

150

236

-86

15

24

2

0

10

Suid-Afrikaanse Konferensie
Bulle

9

6

3

0

236

190

46

19

19

2

2

32

Toyota Cheetahs

10

7

3

0

225

213

12

23

19

2

1

31

Haaie

9

5

4

0

207

164

43

17

16

2

2

28

Stormers

8

4

4

0

172

169

3

15

11

3

1

28

S.Kings

9

2

6

1

178

282

-104

16

31

0

1

15

Nieu-Seelandse Konferensie
Chiefs

9

6

3

0

277

198

79

29

21

2

5

35

Blues

8

4

4

0

200

152

48

24

12

4

4

32

Crusaders

9

5

4

0

243

187

56

24

16

3

3

30

Hurricanes

9

5

4

0

215

220

-5

22

24

2

2

28

Highlanders

8

0

8

0

150

236

-86

15

24

2

0

10

Australiese Konferensie
Brumbies

10

7

1

2

281

163

118

28

17

0

4

40

Reds

10

7

2

1

203

189

14

20

13

1

2

37

Waratahs

9

4

5

0

206

250

-44

20

24

1

0

25

Rebels

9

2

7

0

188

288

-100

19

35

3

1

20

Force

10

2

8

0

169

249

-80

16

25

4

0

16

Komende bepalings

(SA afskoptye)

Vrydag – 3 Mei

North Harbour-stadion, Albany (09:35) – Blues teen Stormers.

AAMI Park, Melbourne (11:40) – Rebels teen Chiefs.

Saterdag – 4 Mei

Forsyth Barr-stadion, Dunedin (09:35) – Highlanders teen Haaie.

NIB-stadion, Perth (11:40) – Western Force teen Reds.

Nelson Mandelabaai-stadion, Port Elizabeth (17:05) – Southern Kings teen Waratahs.

Loftus Versfeld, Pretoria (19:10) – Bulle teen Hurricanes.

Sondag – 5 Mei

Canberra-stadion, Canberra (07:05) – Brumbies teen Crusaders.

(*)Loslootjie – Toyota Cheetahs.

Beserings

Lappies Labuschagne – ligte spierbesering van linker elmboog – word volgende week herevalueer.

Lood de Jager – stamp teen knie

Oupa Mohoje – graad 1 -2 dyspier besering. Sal 2 tot 4 weke buite aksie wees.

 

 

Uitslae

Kingspark, Durban – Haaie XV 46 (drieë: Jaco van Tonder, Kotaro Matsushima, Marius Joubert, Robbie Harris, Willem Alberts 2; doel: Fred Zeilinga 5; straf: Zeilinga 2); Pampas XV 31 (drieë: Juan-Pablo Estelles 2, Leonardo Senatore, Mariano Galarza, Ramiro Moyano; doel: Benjamin Iglesias, Santiago Iglesias).

Olënpark, Pochefstroom – Pumas 29 (drieë: Rosko Specman, Uzair Casssiem, Vincent Koch; doel: Carl Bezuidenhout; straf: Bezuidenhout 4 – dit was Corné Steenkamp, die kaptein, se 125e wedstryd vir die Pumas); Luiperds XV 28 (drieë: Brendon Snyman, Henro Swart, Hoffman Maritz; doel: Adriaan Engelbrecht 2; straf: Warren Gilbert). Mnr. Jonathan Kaplan, die man wat in die meeste toetse en Super-wedstryde as skeidsregter opgetree het, het in sy 409e eersterangse wedstryd geblaas – wat die SA rekord is).

Outeniquapark, George – Grens-Bulhonde 25 (drieë: Chrislyn van Schalkwyk; doel: Karlo Aspeling; straf: Aspeling 6); SWD-Arende 19 (drieë: Alshaun Bock, Clinton Wagman, Martin du Toit; doel: Jeff Taljard, Elric van Vuuren).

Loftus Versfeld, Pretoria – Blou Bulle 89 (drieë: Clayton Blommetjies, Courtnall Skosan, Dries Swanepoel 2, Jacques du Plessis – hy’t sy drie 45 sek. ná afskop in die tweede helfte gedruk, Nardus van der Walt 2, Rohan Janse van Rensburg 2, Sampie Mastriet, Tony Jantjies, Vainon Willis, Wiaan Liebenberg; doel: Jantjies 4, Willie du Plessis 8); Griffons 10 (drie: Aubrey McDonald; doel/straf: Hansie Graaff). Dit was die Griffons se vyfde grootste nederlaag in hul bestaan sedert 1968.

Barnard-stadion, Kemptonpark – Griekwas 40 (drieë: Enrico Acker, Janro van Niekerk 3, Leon Karemaker 2; doel: Pieter-Steyn de Wet 5); Valke 7 (drie: Sandile Ngcobo; doel: Jaun Kotze).

Alberton-rugbyklubveld, Alberton – Goue Leeus 161 (drieë: Anthony Volmink 9, Chrysander Botha 3, Deon Helberg, Dylan Des Fountain, Francois du Toit, Guy Cronjé, Jaco Kriel 2, Jean-Pierre du Plessis, JJ Breet, Julian Redelinghuys, Lionel Cronjé, Ross Cronjé; doel: Chrysander Botha 2, Guy Cronjé 12, Kobus de Kock, Ross Cronjé 3);

Limpopo Blou Bulle 3. (straf: Bronwyn Craill).

Die volgende mylpale is in dié wedstryd verbygesteek:

Dit was die vyfde keer in sewe wedstryde dat die Limpopo Blou Bulle meer as 100 punte in ‘n wedstryd afstaan. Nog nooit voorheen in SA eersterangse rugbygeskiedenis het ‘n provinsiale span soveel 100-talle in een seisoen teen hom gekry nie.

Suid-Afrikaanse eersterangse rekords – Dit is die grootste sege nóg in ‘n SA eersterangse wedstryd en oortref die Pumas se sege onlangs van 154-0 oor dié Limpopo-manne.

Vodacombeker-rekords – Die sege met 158 punte, die 161 punte en 25 drieë oortref die Pumas se sege van 154-0 en 22 drieë teen Limpopo.

Dis die tweede meeste punte en drieë in ‘n eersterangse wedstryd en word net oortref deur Laeveld se sege van 163-10 en 26 drieë oor Transkei in 1994.

In die hele proses het Anthony Volmink, linkervleuel van die Goue Leeus, met sy nege drieë vir hele string rekords gesorg. Dié nege drieë oortref Mark Watson (Laeveld teen Transkei: 13/8/1994) se SA rekord van agt drieë in ‘n eersterangse wedstryd; én dit oortref met groot gemak die Vodacombeker-rekord van Stephen Brink (Vrystaat), Jannie van der Walt (Leeus), Marnus Schoeman en Rocco Jansen (albei Griekwas) van vyf drieë. Volmink se nege drieë oortref ook die Goue Leeus se rekord van ses drieë – ‘n rekord wat sedert 22 Mei 1941 agter die naam van Afrika Smit – teen die Vrystaat nogal! – gestaan het. Volmink se 45 punte is ook ‘n nuwe Goue Leeus-rekord, want Lee Barnard (losskakel) het in 1979 40 punte vir Transvaal teen NOD aangeteken. Net ses Suid-Afrikaners het meer punte as Volmink in ‘n eersterangse wedstryd aangeteken. Naas Olivier (Griekwas teen Griffons – 2009) se Vodacombeker-rekord was 42 punte. Volmink is die 19de SA rugbyspeler wat 40 of meer punte in ‘n eersterangse wedstryd aanteken.

Terloops, die Goue Leeus se vorige grootste eersterangse oorwinning was toe hulle Suidoos-Transvaal (Pumas) in 1993 in ‘n Lionbeker-wedstryd met 116-10 verslaan het.

Dis die 33e keer dat ’n SA rugbyspan meer as 100 punte in ‘n eersterangse wedstryd aanteken.

Die Limpopo Blou Bulle het 781 punte (119 drieë) afgestaan en self net 32 punte (3 drieë) aangeteken.

Malmesbury – OP Kings 27 (drieë: Daniel Adongo, Kayle van Zyl, Paul Schoeman, Stefan Willemse; doel: Van Zyl 2; straf: Scott van Breda); Boland-Kavaliers 23 (drieë: Clemen Lewis, Senan van der Merwe; doel: Jacquin Jansen 2; straf: Jansen 3).

Vrystaat-stadion, Bloemfontein – Westelike Provinsie 41 (drieë: Berton Klaasen 2, Cheslin Kolbe, Kobus van Wyk, Michael van der Spuy; doel: Kurt Coleman 5; straf: Coleman 2); Vrystaat XV 37 (drieë: Boom Prinsloo 2 – hy’t in twee wedstryde vyf drieë gedruk, Oupa Mohoje, Tewis de Bruyn; doel: Nico Scheepers, Riaan Smit 3; straf: Scheepers 2, Smit).

Vodacombeker-puntestand

SPAN

S

W

V

G

PV

PT

NETTO

DV

DT

BV

BT

PUNTE

Noordelike Afdeling
Pumas

7

6

1

0

414

131

283

60

15

0

5

29

Blou Bulle

7

5

2

0

435

159

276

59

20

2

6

28

Griekwas

7

4

3

0

296

161

135

43

24

0

6

22

GoueLeeus

7

4

3

0

320

154

166

47

17

1

4

21

LuiperdsXV

7

4

3

0

289

158

131

38

18

2

3

21

Griffons

7

3

4

0

133

245

-112

18

33

0

1

13

Valke

7

2

5

0

139

269

-130

18

40

0

1

9

Lim B Bulle

7

0

7

0

32

781

-749

3

119

0

0

0

Suidelike Afdeling
Haaie XV

7

6

1

0

279

166

113

32

18

1

4

29

WP

7

5

1

1

208

153

55

26

20

1

4

27

OP Kings

7

5

1

1

191

154

37

22

16

0

3

25

Pampas

7

4

2

1

238

192

46

32

25

0

4

22

VS XV

7

2

5

0

195

190

5

25

22

5

4

17

SWD

7

1

6

0

147

202

-55

18

22

4

2

10

Grens

7

2

5

0

143

239

-96

15

34

1

0

9

Boland

7

1

5

1

151

256

-105

19

32

2

1

9

Komende Kwarteindstryde

Mbombela-stadion, Nelspruit – Pumas (N1) teen Pampas (S4).

Kingspark, Durban – Haaie XV (S1) teen Goue Leeus (N4).

Loftus Versfeld, Pretoria – Blou Bulle (N2) teen OP Kings (S3).

Nuweland, Kaapstad – Westelike Provinsie (S2) teen Griekwas (N3).

Klubrugby

Shimlas

Die Shimlas, wat die Stadsbeker-kampioen is, het hul segetog voortgesit en Ixias, die huidige Varsitybeker-kampioen, Saterdag met 39-28 op Shimlapark geklop. Die Kovsies het in dié proses vyf drieë teenoor die SUT-manne se drie drieë gedruk. Die Shimlas se puntemakers is: Drieë: Marco Mason, Robbie van Schalkwyk, Henco Venter, Riaan Schoeman, Schalk van der Merwe; DOEL: Franna du Toit (4); STRAF/SKEP: Du Toit.

Die Shimlas speel die komende Saterdag teen die Irawas. Die Stadsbeker-eindstryd is op 15 Junie.

Rondte 3

Die derde ronde in die drie ligas van die Vrystaatse Rugby-unie is die afgelope naweek afgehandel.

In die Tweede Liga het die Kovsies se Onder21-span hul eerste drie ligawedstryde amok gemaak en die SUT (o.21) 76-3, Collegians I met 85-9 en die afgelope naweek met Mangaung I met 92-0 verslaan. Mangaung het net met 17 spelers vir die wedstryd opgedaag en toe beserings later Mangaung se span uitgedun het, is die span deur sy afrigter 25 minute voor die bestemde einde van die veld geneem. Die wedstryd die vorige Saterdag teen Collegians I is ook 15 minute voor die bestemde einde gestaak.

Die uitslae is:

Eerste Liga – Crusaders klop Tjisas (SUT) 43-20; Irawas klop Polisie 76-17.

Tweede Liga – Crusaders II klop Warriors I met 29-22; UV (o.21) klop Mangaung I met 92-0.

Derde Liga – Warriors II klop Crusaders III met 37-0; Oud-Greys klop Polisie III met 17-5; SUT-jongspan klop Mangaung II met 48-3.

Komende bepalings

Dinsdag – 30 April

SUT-STADION: Eerste Liga – 18:00: Ixias (SUT) teen Tjisas (SUT).

SHIMLAPARK: Eerste Liga: 18:15: – Crusaders teen Irawas; 20:00: Shimlas teen Polisie.

Vrydag – 3 Mei

TEMPE: Derde Liga – 18:30: Weermag II teen Crusaders III; Tweede Liga: Weermag I teen Crusaders II.

MUNISIPALITEIT: Derde Liga – 18:30: Collegians II teen Polisie III; Tweede Liga – 20:00: Collegians I teen Polisie II.

SUT-STADION: Derde Liga – 18:30: Shawas (SUT) teen Oud-Greys.

Saterdag – 4 Mei

SUT-STADION: Derde Liga – 13:30: SUT-jongspan teen Warriors II; Eerste Liga – 15:00: Tjisas (SUT) teen Polisie; 16:30: Ixias teen Crusaders.

SHIMLAPARK: Tweede Liga – 15:00: UV (o.21) teen Warriors I; Eerste Liga – 16:30: Shimlas teen Irawas.

Skolerugby

Grey-kollege het Saterdag sy jaarlikse inter teen Selborne-kollege in Oos-Londen met 41-5 gewen.

Ander uitslae is: Sentraal klop Sand du Plessis 63-12; HTS Louis Botha klop Fichardtpark 53-3; Jim Fouché klop Witteberg 38-5.

Die komende naweek se bepalings (tuisspanne eerste genoem):

Bloemfontein teen St. Andrew’s; Brandfort teen Zastron; Boshof teen Dewetsdorp; Koffiefontein teen Martie du Plessis; Dr. Böhmer teen NJ Heyns; Batho teen Rocklands; Castle Bridge teen Heidedal; Dr. Blok teen Petunia; Jim Fouché teen Marlow.

Insluiting in SA spanne

Baie geluk aan die volgende Cheetahs wat die afgelope week in verskillende nasionale spanne ingesluit is, of Springbok-kontrakte gekry het:

Springbok-kontrak – Adriaan Strauss, Toyota Cheetah-kaptein.

SA Universiteite-span teen Namibië – Oupa Mohoje (die Shimla-kaptein), Kevin Luiters en Nic Schonert.

SA Onder 20-span na die Wêreldbeker-toernooi in Frankryk – Luan de Bruin, Ockert du Toit.

Springbok-vroue se oefengroep met die oog op die internasionale nasiesbeker-toernooi in Augustus in Colorado, VSA – Nedene Botha, Bernice Strydom en Masabata Sempe, terwyl Orna Prinsloo soos gewoonlik die spanbestuurder is.

Cheetah Chase 26

Maak seker jy mis nie die volgende episode van Cheetah Chase nie:

Episode

Datum

Begin

Eindig

SuperSport Kanaal
The Cheetah Chase

30-Apr-13

18:30

19:00

SS1/SS1A Premier
The Cheetah Chase

01-Mei-13

06:30

07:00

SS6/SS6A Herhaal
The Cheetah Chase

02-Mei-13

13:00

13:30

SS6/SS6A Herhaal
The Cheetah Chase

03-Mei-13

17:00

17:30

SS1/SS1A Herhaal
The Cheetah Chase

06-Mei-13

12:00

12:30

SS6/SS6A Herhaal

Ooievaar bring besoek

Geluk aan Hennie en Christeli Daniller wat verlede week Woensdag vir die eerste keer ouers geword het. Ons hoop klein Hennie bring vir hulle hope geluk!

Related Posts

« »