Toyota Vrystaat Cheetahs deel inligting met Ondersteuners oor 2013 ABSA Curriebeker

Jul 30 • General News, National, South Africa • 2759 Views • Comments Off on Toyota Vrystaat Cheetahs deel inligting met Ondersteuners oor 2013 ABSA Curriebeker

1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (1 votes, average: 5.00 out of 5)
Loading...

Tuiswedstryde vir die Toyota Vrystaat Cheetahs in die 2013 Absa Curriebeker:

Datum Opponent Afskop Tyd Kunstenaar op Castle Deck
Vrydag, 23 Aug Sharks 19:10 Peter Mitchell
Saterdag, 31 Aug Griekwas 15:00 Adam Tas
Vrydag, 13 Sep Leeus 19:10 Elizma Theron
Vrydag, 27 Sep WP 17:05 Heinz Winckler
Saterdag, 12 Okt Blou Bulle 17:05 Jay

 

Kaartjiespryse vir die Absa Curriebeker in die Vrystaat Stadion

Hoofpaviljoen – R60 vir volwassenes en kinders

Ooppaviljoen – R40 vir volwassene en R10 vir kinders en studente.

Kaartjiekantoor skuif na Hek 5.

Rugbykaartjies vir die wedstryd is te koop by die kaartjiekantoor by Hek 5 in Vrystaat Stadion.  Let daarop dat die kaartjiekantoor geskuif het van Hek 8 in Att Horak laan na Hek 5 in Kingsway, oorkant die Loch Logan Waterfront.  Die afhaalpunt vir vooraf bespreekte kaartjies het ook na Hek 5 geskuif.  Kaartjies sal steeds op ‘n wedstryddag by Hek 8 te koop wees.  Koop jou kaartjie voor wedstryddag by die kaartjiekantoor en kry 10% afslag.

Vir die gerief van die ondersteuner

Vir die gerief van die toeskouers is daar verskeie drankvrye areas in die Vrystaat Stadion, nl. op die hoofpaviljoen en die middelste blokke op die boonste en onderste vlakke van die ooppaviljoen.  Ondersteuner word gevra om drankgebruik op ‘n verantwoordelike wyse te handhaaf.

Ouers kan ook hul kinders onder toesig in die Toyota kinder area laat speel en ‘n vleisie kom braai by die Weber braai area in die Vrystaat Stadion.  Bring jou gesin en kom kuier lekker saam.

 

Related Posts

« »