TREVOR NYAKANE- “AS JY NIE OPDAAG NIE, KRY JY PAK SLAE”

Oct 17 • Currie Cup, Currie Cup Results, General News, Pale Toe, South Africa, Springboks • 3020 Views • Comments Off on TREVOR NYAKANE- “AS JY NIE OPDAAG NIE, KRY JY PAK SLAE”

1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (No Ratings Yet)
Loading...
Trevor Nyakane, veelsydige stut van die Vodacom Bulls ©Ronel Cronjé

Trevor Nyakane, veelsydige stut van die Vodacom Bulls ©Ronel Cronjé

 

 

 

 

 

 

 

 

 

“Ons het net nooit opgedaag nie, ons was nie in die wedstryd nie en dit het ons gekos.”

Sy kop hang as hy dit sê en hy meet sy woorde mooi af. Geen glimlag nie, geen trek in sy oë nie.
Dit maak ʼn groot man soos Trevor Nyakane seer om op só ‘n manier teen WP te verloor.

“Daar is ʼn klomp dinge wat reggemaak moet word alvorens ons eers daaraan kan dink om Kaap toe te gaan en die WP op hul tuisveld aan te vat.”
Hy sê as vaskop maak dit hom kwaad as ʼn wedstryd so weggegooi word soos laas Saterdag s’n; “ dis iets waarin ons veronderstel is om goed te wees en in die skrums het hulle ons verneder, as dit jou nie pla as voorry nie, hoort jy nie hier nie.”
Dit sluk swaar, maar hy weet dat die span eerskomende Saterdag niks het om te verloor nie en dat die speelveld gelyk is: die wenner vat als.

Vir Nyakane bly die feit dat die span nie opgedaag het nie, ʼn probleem.
“’n Kampioenspan soos WP gaan jou vermorsel as jy nie geestelik voorbereid is vir die wedstryd nie en ek soek nie verskonings deur die weersomstandighede en speeltoestande op te haal nie, dit was net so moeilik vir hulle en hulle het ons van die veld afgevee.”

Nyakane sê hy sal berus by wat Pote Human, hoofafrigter van die Blou Bulle besluit oor waar hy ingespan sal word, Saterdag.
Hy ondervind tans geen probleem met sy ribbesering nie en hy geniet sy rugby.
“Ek probeer om goed te doen by die Bulle en as die Bulle goed doen, is dit makliker vir Springbokafrigter om jou raak te sien.”

Hy is maar al te bewus dat Rassie Erasmus ʼn wye keuse het van voorrymanne wat hy wil saamneem in November, Europa-toe wanneer die Springbokke in vier toer wedstryde speel.

Vir hom is die enigste positiewe punte wat hulle uit die loesing in die nat weer kon neem, dat hulle die nederlaag agter die rug sit en dat hulle WP se spelpatroon kon agterkom, “hulle gaan met dieselfde energie kom Saterdag, maar ons sal reg wees vir hulle, ons kan net ons bes gaan probeer want dit wat verlede Saterdag gebeur het op Loftus, was nie lekker nie.”

Die Blou Bulle kondig Donderdag hul span vir die wedstryd aan.

Na verwagting sal WP dieselfde later Donderdag doen.

Related Posts

« »