TUSSEN VIER LYNE #PaleToe

Oct 9 • General News, Pale Toe • 2062 Views • Comments Off on TUSSEN VIER LYNE #PaleToe

1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (No Ratings Yet)
Loading...

Simon Riekert van #PaleToe! meen dat dit toe nou glad nie so vervelig was om vanjaar se Curriebeker uitspeelrondtes te kyk nie, en dat daar nog ‘n paar stewige verassings op spanne wag totdat die beker ‘n nuwe baas het.

Westelike Provinsie vs OP Kings

Die verdedigende kampioen van die Absa Curriebeker reeks, die WP speel vanaand om hul derde plek op die punteleer te behou. Die Lions het, om dit sagkens te stel, die arme WP ʼn helse loesing gegee verlede naweek. Om dieselfde tyd, 18:00 speel hul aartsvyande, die Blou Bulle in Nelspruit om die einste WP in die uitspeelwedstryde tuis te ontmoet. WP sal probeer om momentum te kry vir volgende naweek se riller, mits hulle vroeg genoeg herstel het van hul eie Leeuloop-riller. Vou die Bulle, glip die WP in die tweede plek in.

Die OP Kings sal hierdie seisoen wil afsluit met iets positiefs vir hul ondersteuners. Swak bestuur van geldsake by die unie het beslis ʼn uitwerking op die moraal van die spelers gehad en ʼn mens kan net vertrou dat die vergadering met SA Rugby vroeër vandeesweek op iets positiefs sal uitloop in 2016.

Westelike Provinsie – 15 Dillyn Leyds, 14 Kobus van Wyk, 13 Huw Jones, 12 Juan de Jongh (k), 11 Leolin Zass, 10 Robert du Preez, 9 Godlen Masimla, 8 Nizaam Carr, 7 Sikhumbuzo Notshe, 6 Jurie van Vuuren, 5 Chris Van Zyl, 4 Jean Kleyn, 3 Wilco Louw, 2 Michael Willemse,1 Oliver Kebble. Bank: 16 Bongi Mbonambi, 17 Steven Kitshoff, 18 Jan De Klerk, 19 Justin Benn, 20 Nic Groom, 21 Kurt Coleman, 22 Jaco Taute.

Oostelike Provinsie Kings: 15 Scott van Breda, 14 Sylvian Mahuza, 13 Ronnie Cooke (k), 12 JP du Plessis, 11 Luther Obi/Siviwe Soyizwapi, 10 Elgar Watts, 9 Enrico Acker, 8 Tim Agaba, 7 Jacques Engelbrecht, 6 Thembelani Bholi, 5 Cornell Hess, 4 Stefan Willemse/Tazz Fuzani, 3 Simon Kerrod, 2 Edgar Marutlulle, 1 Lizo Gqoboka.
Bank: 16 Martin Ferreira, 17 Schalk Ferreira, 18 Basil Short, 19 David Bulbring, 20 Paul Schoeman, 21 Dwayne Kelly, 22 Karlo Aspeling.

Skeidsregter: ”Pro” Lesego Legoete

Assistent skeidsregters: Jason Jaftha, Stephan Geldenhuys
TMO: Christie du Preez

 Afskoptyd: 18:00

Nuweland, Kaapstad

 

Pumas vs Blou Bulle

 Terwyl die WP met een oog op die TV sal speel, pak die Bulle op ʼn warm, bedompige Mbombela stadion in Nelspruit, die Pumas om hul hoop op ʼn tuis semifinaal aan die lewe te hou.

Die Bulle is tweede op die punteleer met 34 punte en hulle weet ʼn wen, en een met ʼn bonuspunt verseker ʼn tuis semifinaal.

Marius Coetzer van die Pumas sal sy 100e wedstryd speel van die bank af terwyl kaptein Stefan Watermeyer sy 50e wedstryd speel.

Daar is vier veranderinge in die span wat teen die Bulle uitdraf en afrigter MJ Mentz meen dat sy span die Bulle goed besig gaan hou.

“Ons weet daar kom ʼn groot fisiese aanslag van hulle af, ons het niks te verloor nie en ons gaan rugby speel. Elke ou in die span wil sy beste gee en hulle is oorgehaal vir ʼn grote.”

Francois du Toit vervang vir Frank Herne op haker. Herne skuif bank toe.

Slot Rudi Mathee begin in Marius Coetzer se plek, terwyl die flank Marnus Schoeman instaan vir die beseerde Jaco Bouwer.

Die Pumas se gereelde heelagter John-Wessel Bell is beseer en Hoffmann Marnitz skuif van senter na die heelagter posisie. Jerome Pretorius speel dan senter en Bernado Botha is gekies op vleuel.

Die nommer 6 flank Deon Stegmann is gesond van sy griep en is terug in ʼn anders onveranderde span wat die Kings verlede week op Loftus Versveld gewen het.

Skeidsregter: Rasta Rasivhenge

Assistent skeidsregters: Cwengile Jadezweni, Jaco Pretorius

TMO: Willie Vos

Afskoptyd: 18:00

Mbombela Stadion Nelspruit

 

Op Saterdag 10 Oktober 2015 sal die twee oorblywende wedstryde in vanjaar se Curriebeker kompetisie plaasvind.

 

Lions vs Griekwas

Die twee Nel broers, Ruhan en Jacques speel saam, maar in die teenoorgestelde spanne op senter in die wedstryd. Ruhan is ʼn Sewes Springbok en speel in die No-13 trui vir die Griekwas.

Die Lions se afrigter Johan Ackermann het kritiek gekry vir die besluit om sy gereelde skitterspelers uit te laat in die wedstryd, maar hy het verduidelik dat daar te veel vir die span op die spel is om nou beserings te moet bestuur.

Griekwas het nog geen wedstryd in die kompetisie gewen nie, en sal hoop dat dit hulle geleentheid daartoe is.

Lions: 15 Vainon Willis, 14 Sampie Mastriet, 13 Jacques Nel, 12 Gerdus van der Walt, 11 Mark Richards, 10 Jaco van der Walt, 9 Ricky Schroeder, (k), 8 Ruaan Lerm, 7 Fabian Booysen, 6 Albertus Smith, 5 Martin Muller, 4 MB Lusaseni, 3 Pieter Scholtz, 2 Robbie Coetzee, 1 Dylan Smith.
Bank: 16 Mark Pretorius, 17 Jacques van Rooyen, 18 Bobby de Wee, 19 Stephan de Witt, 20 Lohan Jacobs, 21 Rohan Janse van Rensburg, 22 Salom Gavor.

Griekwas: 15 Gouws Prinsloo, 14 Sandile Ngcobo, 13 Ruan Nel, 12 Clinton Swart, 11 Ntabeni Dukisa, 10 Francois Brummer, 9 Tian Meyer (k), 8 Carel Greeff, 7 Jono Janse van Rensburg, 6 RJ Liebenberg, 5 Hugo Kloppers, 4 Jonathan Adendorf, 3 Stephan Kotze, 2 Sidney Tobias, 1 Danie Mienie.

Bank: 16 Abraham le Roux, 17 Steph Roberts, 18 Leon Karemaker, 19 Wendal Wehr, 20 Dylon Frylinck, 21 Riaan Viljoen, 22 Jonathan Francke.

Skeidsregter: AJ Jacobs

Assistent skeidsregters: Ben Crouse, Francois Pretorius
TMO: Johan Greeff

Afskoptyd: 14:00

Emirates Airline Park Johannesburg

 

Die laaste wedstryd vind plaas om 16:05 tussen die Vrystaat Cheetahs en die Sharks.

Beide spanne het teleurgestel in vanjaar se kompetisie en sal graag iets daaraan wil doen om hul aansien te verbeter. Vir die Cheetahs is die laaste posisie op die uitspeel rooster ʼn groot aansporing.

Boom Prinsloo speel in Gerhard Olivier se plek in die No-6 trui, terwyl Olivier bank toe is in die plek van Ruan van Rensburg.

Neill Jordaan speel agtsteman in die plek van De Wet Kruger.

Die Sharks het minimale veranderings ondergaan met die verskuiwing van

Garth April na heelagter en Odwa Ndungane wat regtervleuel toe skuif.

Wandile Mjekevu, verlede week se heelagter het ʼn enkelbesering en dus die posisionele skuif van Ndungane.

Vrystaat Cheetahs: 15 Clayton Blommetjies, 14 Sergeal Petersen, 13 Francois Venter, 12 Ryno Benjamin, 11 Raymond Rhule, 10 Sias Ebersohn, 9 Shaun Venter, 8 Niell Jordaan, 7 Oupa Mohoje, 6 Johannes Prinsloo, 5 Francois Uys (k), 4 Armandt Koster, 3 Luan de Bruin, 2 Jacques du Toit, 1 Burrie Gildenhuys Uys.

Bank: 16 Neil Rautenbach, 17 Teunis Nieuwoudt, 18 Reniel Hugo, 19 Freddy Ngoza, 20 Gerhard Olivier, 21 Ruan van Rensburg, 22 Niel Marais, 23 AJ Coertzen, 24 Willem Serfontein.

Sharks: 15 Garth April, 14 Odwa Ndungane, 13 Paul Jordaan, 12 Andre Esterhuizen, 11 Sibusiso Sithole, 10 Joe Pietersen, 9 Cobus Reinach, 8 Philip van der Walt, 7 Etienne Oosthuizen, 6 Francois Kleinhans, 5 Marco Wentzel (k), 4 Dave McDuling, 3 Gerhard Engelbrecht, 2 Franco Marais, 1 Thomas du Toit.

Bank: 16 Monde Hadebe, 17 Mzamo Majola, 18 Christiaan de Bruin, 19 Jean Deysel, 20 Michael Claassens, 21 Heimar Williams, 22 Waylon Murray.

Skeidsregter: Marius van der Westhuizen

Assistent skeidsregters: Jaco van Heerden, Rico van der Hoven
TMO: JJ Wagner

Afskoptyd: 16:05

Vrystaatstadion in Bloemfontein

 

 

 

 

Related Posts

« »