TWEE ONNIES PAK MEKAAR VIR SPRINGBOK WELSLAE #PaleToe

Jun 10 • General News, International, Pale Toe • 1740 Views • Comments Off on TWEE ONNIES PAK MEKAAR VIR SPRINGBOK WELSLAE #PaleToe

1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (No Ratings Yet)
Loading...

Simon Riekert van #Pale Toe skryf:

Saterdag breek die oomblik van waarheid vir die nuwe Bokgeledere aan, en dan is Toetie en sy span se kort wittebrood verby. Beide Allister Coetzee en die Iere se afrigter, Joe Schmidt is voormalige onderwysers. Dis sukses vir die een leermeester en weer begin, vir die ander.

So begin die welbekende pad van die Bokafrigter om die gifbeker te drink, of te vermy.

Die ironie is dat daar altyd een is wat bereid is om hierdie risiko te loop, amper soos die mot en die vlam en die wete dat iemand gaan seerkry.

Maar kom ons wees dapper, soos Toetie en glo hy maak die blywende verskil.

Die risiko is natuurlik dat sy assistente se reputasie daarmee saamloop, maar blykbaar is ons meer geneë om hulle ʼn tweede kans te gee.

Kyk maar na Johan van Graan wat op die nippertjie deur Coetzee geblok is om nie na Bath te verhuis, agter Heyneke Meyer aan nie. Na wat verneem word was van Graan, die enigste afrigter wat oorgebly het van die Heyneke Bok-era, nie baie gelukkig met Coetzee se aanstelling van Matthew Proudfoot nie. Proudfoot is ook ʼn voorspeler afrigter, soos van Graan en kom uit Coetzee se afrigtingsdae in die WP en Japan.

Maar sal ons na die volgende drie Saterdae enigsins ʼn idee hê hoe vaar die Bokke voorlangs met Proudfoot en van Graan en veral hoe Mzwandile Stick vaar met die agterlyn?

Stick was baie stil sedert sy aankondiging as Bok agterlyn-afrigter en met die spanaankondiging ʼn dag of wat gelede, was dit hoofsaaklik Coetzee wat die praatwerk gedoen het. Coetzee blyk die agterlyn se verantwoordelikheid op homself te geneem het, maar na Saterdag se eerste Toets, sal Coetzee weet of hy en Stick die regte resep beet het.

Beide Coetzee en die Iere se afrigter, Joe Schmidt is voormalige onderwysers. Schmidt het sukses met Leinster gehad in die Heineken beker. Dis ook algemene rugbykennis dat die Iere die Sensasies kampioene van 2014 en 2015 was. Schmidt is ʼn gebore Nieu Seelander en het soos Coetzee, assistentwerk gedoen voordat hy geleentheid gekry het om sy land na Sesnasies sukses te neem. Schmidt is daarvoor bekend dat hy sy opponente goed analiseer, en die Springbokke se onervarendheid mag hulle dalk hier net goed te staan kom. Hy is veral daarvoor bekend dat hy eenvoudige wedstrydplanne volg. Sy spanne doen goed om vroeg druk op te sit, gebiedsvoordeel te kry, intelligente verdediging aanwend en aggressiewe lynspoed het.

Coetzee weet dat die Bokjop ʼn gifbeker is, maar hy het al gesê hy ”volunteer”.

Coetzee se medekollega en afrigter van die beste span in die rugby wêreld, die All Blacks het al vroeg met Coetzee gesimpatiseer: “ die politieke omgewing is baie moeilik om in te funksioneer, ek weet dit uit die ervaring van Heyneke Meyer, hy moet ʼn gesoute politikus wees om die werk te kan doen”, het Steve Hansen te se gehad na Allister se aanstelling.

Beide Coetzee en Hansen is die enigste twee afrigters wat spanne in die top agt wêreld ranglys het, wat nog nie sukses met Superrugby of die voormalige Heineken beker gehad het nie.

Dat Coetzee die regte geluide maak, is seker. Hy hou tans Saru en die Minister van Openbare Persverklarings (soos ʼn kollega vir Fikile Mbalula gedoop het), se monde stil.

Maar sy groot toets kom na Saterdag en nog twee Saterdae se Toetse.

Daar’s altyd die ding oor ʼn nasionale afrigter se provinsialisme; Heyneke Meyer het net Bulle gekies en Coetzee kies net Stormers, word geglo.

Wie ookal in sy span is, ons moet sy woord vat :”dis die beste spelers, ek kyk nie en tel een witte, twee swartes nie, as hy goed genoeg is en inpas by my beplanning , is hy in”.

Saterdag is dit sulke tyd vir Toetie en sy manne, ons sal kyk en juig, want ons bloed is groen.

Onse Toetie kan maar daarop reken.

Foto: Anton Geyser / Rugby15

Related Posts

« »