Vrystaat Rugby ondersteun Credo

Apr 9 • General News, Super Rugby • 2192 Views • Comments Off on Vrystaat Rugby ondersteun Credo

1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (No Ratings Yet)
Loading...

Foto: Cheetahs Rugby

Sarel Pretorius, Lappies Labuschagne en Boom Prinsloo by ‘n klompie komberse wat die Cheetahs vir die projek skenk. 

 

 

Vrystaat Rugby ondersteun CREDO – Home of Hope en daag die rugby publiek uit om ook hierdie projek betrokke te raak.

 

Jy kan Saterdag self ‘n verskil maak deur nie-bederfbare kos, tandepasta, tandeborsels, seep, waslappe en komberse of klere na die wedstryd te bring vir behoeftige kinders in die Vrystaat.

 

Vrystaat Rugby en ons borg, African Mining and Crushing, ondersteun CREDO – Home of Hope, ‘n projek vir ENGO Kinder en Jeugsorgsentrums in die Vrystaat.

 

Credo is betrokke by die instandhouding en welstand van 33 huise in die Vrystaat, waarvan 17 van die huise in Bloemfontein is.  In elke huis word daar ongeveer 12 kinders gehuisves en die huise het dieselfde behoeftes as normal huishoudings met bv. krane wat lek, klere en skoene wat te gou klein word en om kos op die tafel te sit.

Vrystaat Rugby wil graag na die gemeenskap uitreik om by die projek betrokke te raak en Saterdag is die eerste stap. Al wat jy hoef te doen is om die Cheetahs se voorbeeld te volg en voor die wedstryd een van die bogenoemde items in een van die houers by die hekke te plaas.

Kyk ook gerus uit vir die 100de kleurvolle ballonne wat ons Saterdag ter bewusmaking van ons ondersteuning aan CREDO – Home of Hope op die Stadion gaan vrylaat.

Toyota Cheetahs – Meer as net rugby!

 

Related Posts

« »