VULKAAN TREF KLUBRUGBY IN DIE NOORDE

Oct 22 • Club Rugby, General News, Pale Toe, South Africa, Uncategorized, Varsity & Club • 5953 Views • Comments Off on VULKAAN TREF KLUBRUGBY IN DIE NOORDE

1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (No Ratings Yet)
Loading...
By die bekendstelling van die nuwe Volcano Super Klubliga by Loftus Versveld was Suzanne van Dyk (Direkteur van Volcano), Willem Strauss (President BBRU), Gerhard Steyn (Handelsmerk Ambassadeur :Volcano) en JP Schoeman (Besturende Direkteur:Volcano) Foto: Simon Riekert

By die bekendstelling van die nuwe Volcano Super Klubliga by Loftus Versveld was Suzanne van Dyk (Direkteur van Volcano), Willem Strauss (President BBRU), Gerhard Steyn (Handelsmerk Ambassadeur van Volcano) en JP Schoeman (Besturende Direkteur van Volcano)  Foto: Simon Riekert

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

-Simon Riekert: Loftus Versveld

 

Wat maak ʼn unie as hulle ʼn suksesvolle interprovinsiale Super Klubliga aanbied? Wat maak jy as die belangstelling alle verwagtings oortref? Wat maak jy as die verteenwoordigers van die land se noordelike provinsies op iets groter, beter aandring?

Jy bied iets soortgelyk, maar groter en beter aan.

Met verfyning in die pyplyn van die beproefde 2018-konsep, was dit tyd om dit bekend te stel, en dit is wat op ʼn stylvolle wyse gedoen is by Loftus Versveld, kort voor die Blou Bulle se laaste ligawedstryd in vanjaar se Curriebeker-kompetisie.

Die Superliga sal as die Volcano-Superliga bekendstaan wat uit 19 top klubs sal bestaan. Die klubs kom uit vier verskillende provinsiale rugbyunies en die kompetisie bestaan uit drie afdelings.
Die klubs van die Blou Bulle, Valke, Luiperds en die Limpopo Bulle sal in 2019 aan twee senior ligas deelneem, terwyl daar voorsiening gemaak word vir ʼn O-20 liga by die juniors.
Tussen Maart en September 2019 sal hierdie kompetisie afgehandel word. Die uiteindelike wenners in die drie ligas sal deur half-en eindstryde bepaal word.

Willem Strauss, pasverkose president van die Blou Bulle het verduidelik dat hierdie liga geskep is om te verseker dat daar ʼn krag-teen-krag kompetisie plaasvind tussen die klubs.
Vir Strauss gaan dit om die geleentheid wat geskep word om die ander klubs in Pretoria en omgewing die geleentheid te bied om oor provinsiale grense heen ʼn semi-professionele liga aan te bied, vandaar die krag-teen-krag idee.

Volcano het met ʼn sessyfer-bedrag vorendag gekom om die geleentheid te bied wat nie net klubrugby oor die provinsiale grense sal bevorder nie, maar ook sal sorg dat daar ʼn gesonde voedingsbron vir die gewilde SuperSport-reeks en die Curriebeker toernooi sal wees.

Die kompetisie sal só werk:
In die top kompetisie, die Volcano Superbeker-liga, sal agt top klubs se senior spanne speel in ʼn volledige driedubbele rondte. Die Pretoriase vier grotes in die Carltonbeker-liga Tukkies, Centurion, Quins-Bobbies en ABE Midas Naka Bulle sal daar wees en kragte meet teen Springs en East Rand United van die Valke, Rustenburg Impala van die Luiperds en die Northam Rhinos van Limpopo.

In die Volcano Trofee liga sal die vyf klubs van die Blou Bulle, vier klubs van die Valke en twee klubs van die Luiperds teen mekaar in ʼn enkelrondte van tien wedstryde mekaar elk die stryd aansê. Elke klub sal vyf keer tuis en vyf keer weg speel.

In hierdie liga is die Dragons, Korrektiewe Dienste, Pretoria Rugbyklub, Tuine en TUT vanuit die Blou Bul-stal. Die Valke word verteenwoordig deur Boksburg, Brakpan, NWU-Vaal en Vereeniging, terwyl die Luiperds verteenwoordig sal word deur Klerksdorp en Potch Dorp.

Willem Strauss het genoem dat die O-20’s se liga nog nie gefinaliseer is nie, maar die hoop is dat daar om tussen tien en twaalf spanne in te skryf.

Vir hom is hierdie liga baie belangrik, “want dit word vir ons ‘’n deurslaggewende projek om so veel as moontlik van die skoolverlaters nader te sleep wie nie by provinsiale unies gekontrakteer is nie.”
“Die sukses van die junior liga is deurslaggewend vir die sukses van die seniors se rugby, veral in die klub-en provinsiale strukture. Nuwe klubligas is iets vir die toekoms, op sowel junior as senior vlak, want dit is waar spelers die geleentheid gegee gaan word om hulleself aan die professionele spanne bekend te stel. Hierdie is ʼn konsep wat gaan bly”, het Strauss aan ʼn uitgelese groep rugbyliefhebbers gesê.

*Volcano is ʼn toonaangewende sportklere vervaardiger.

 

Related Posts

« »