Waarom Allister Coetzee nie sal loop nie

Dec 9 • General News, Pale Toe • 1589 Views • Comments Off on Waarom Allister Coetzee nie sal loop nie

1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (No Ratings Yet)
Loading...

Simon Riekert #paletoe

Ek het verlede jaar omtrent hierdie tyd berig oor Springbokbreier Heyneke Meyer, wat toe onder beleg was. Nou is dit ʼn jaar later, Heyneke het geloop en hy is vervang met Allister Coetzee wie na die terugkeer van ‘n droewige Springbok Europese toer, slegs ʼn wenpersentasie van 33% in sy eerste jaar as afrigter het.

Heyneke Meyer was een van die mees suksesvolste rugby afrigters voordat hy Bokafrigter geword het.

Hy het sy afrigtersloopbaan by die SWD Arende begin in 1997, ʼn draai by die Stormers gemaak (1999) en toe by die Bulle begin ( 2000-2007) en geëindig. Meyer was Peter de Villiers se opvolger as Springbokafrigter (2012-2015). Hy was ook ʼn ruk hoofafrigter by die Engelse klub, Leicester Tigers (2008-2009).

Meyer het in vier jaar die Springbokke tot 34 oorwinnings gelei in 50 wedstryde waarvan twee gelykopstryde was. Die Springbokke het ʼn 66.7 wenpersentasie gehad en het 143 drieë gedruk- net Nieu Seeland was toe beter as hulle.

ʼn Jaar terug het ek geskryf dat Meyer soveel druk ervaar het dat hy nie kans gesien het vir nog nie; “was he pushed or did he jump?”

Die druk was nie net van sommige unies af nie, maar Wynand Claasen en Divan Serfontein, beide oud-Springbok Toetskapteins het aktief daaraan gewerk om Meyer weg te kry. WP en die einste SWD Arende waar hy begin afrig het, het openlik sy kop geëis.

“Uiteindelik het dit net te veel vir hom geword…hy’s uitverkoop,” het Wynie Strydom, oud-spanbestuurder van die Blou Bulle, Bulls en Springbokke laasjaar van Meyer gesê.

Dis ʼn jaar later en Meyer boer op sy plaas anderkant Memel op die grens tussen die Vrystaat en KwaZulu Natal.

Allister Coetzee, sy opvolger boer daarenteen met ʼn trop Springbokke, voos van die hale teen die All Blacks, Engeland Japan, Ierland, Argentinië,

Italië en Wallis (in geen spesifieke rangorde vir die Springbokke nie).

SARU het ʼn nuwe president wat homself nog moet bewys as nie ʼn ja-broer te wees van Jurie Roux en Fikile Mbalula nie. Hy dreig in die openbaar dat daar regruk gaan kom by SARU. SARU het ʼn maand of wat gelede ʼn Kumbaya-agtige konferensie in die Kaap gereël waartoe geselekteerde groepe afrigters genooi was. Sommige soos Meyer was nie op die uitnodigingslys nie. Ander was genooi maar het prontuit geweier om te gaan, waaronder oud- Bokafrigters Andre Markgraaf en Nick Mallet, met redes. Daar sal ʼn opvolg-een wees volgende week.

Intussen hang Coetzee se loopbaan aan ʼn draadjie, of dalk nie?

Die rugbypubliek en oud-spelers is sat vir Springbokrugby, maar alles dui daarop dat SARU nie sal kapituleer oor hul besluit om Coetzee aan te stel nie, al het hy en sy span slegs vier uit 12 Toetse gewen. Coetzee is veilig want hy was SARU se troefkaart.

Gedurende 2015 het die Minister van Sport, Fikile Mbalula só gedreig oor rugby: “We will not support the team, withdraw national colours, we will not recognise the team if they fail to transform [sic]. I’m zooming in on rugby because it’s as if nothing has been done and we can’t bury our heads in the sand. We’ve got a policy in place that must be implemented.”

Die uitspraak was die ANC se waarskuwing aan spelers en adminsitrateurs en Meyer het dit geweet.

“The depoarture of Meyer serves as an opportunity to enhance our efforts of sport transformation”, was Mbalula se laaste opmerking voor Coetzee aangestel is.

Coetzee is ʼn openlike politieke aanstelling in die pos van hoofafrigter van die Springbokke.

Wynand Claasen, voormalige Bokkaptein het in sy kommentaar oor Meyer dit te sê gehad: “The skills of the players are being suppressed in his rigid, predictable pattern and he actually points a finger at himself by acknowledging that the skills are lacking.”

Teen die tyd dat Coetzee en sy span op OR Tambo geland het, kon Claassen net so wel van Coetzee gepraat het.

Claassen en Serfontein het wetend of onwetend reg in die kraal van Mbalula gespeel, want Meyer is openlik uitgeskel as ‘n swak afrigter met ʼn verouderde wedstrydplan en is selfs ʼn ‘maniak’ genoem. Dit het die weg gebaan vir toenemende druk op Meyer om te bedank voordat hy ontslaan word, net om daarna te hoor sy vertrek is vir SARU ʼn verligting.

Intussen word die water te warm vir Hoskins en Jurie Roux se invloed laat hom bedank, sonder dat Hoskins een woord praat oor die gebrek aan transformasie in sy 10 jaar van presidentskap. Weereens geen korporatiewe verantwoordelikheid van SARU nie.

Coetzee moet op 13 Desember voor SARU verskyn om rekenskap te gee oor sy eerste jaar se werk.

Wees verseker dat Coetzee (wat homself reeds met Jake White vergelyk het) sal argumenteer dat sy assistente nie goed genoeg was nie, dat rugby-indabas so gereeld soos klokslag moet plaasvind en dat hy reeds begin het om aan Mbalula se eise te voldoen. Al wat ontbreek is dat hy gereeld moet wen en om hierdie tameletjie te bowe te kom, sal hulle hom weer en weer kans gee, sonder dat hy verantwoordelikheid vir die afwatering van die Springbok neem.

“I would rather take the defeats at the beginning of my tenure than experience a slump during the third year. Results can only get better from here,” se

Coetzee aan die enkele groep joernaliste wat die Bokke ingewag het na hul vernederende toer in Europa.

Arme naïewe Claassen en Serfontein, want terwyl die uwe Heyneke Meyer aankla, vergeet hulle dat daar ʼn era na Meyer gekom het wat in een enkele jaar meer skade aan die Springbok-brand gedoen het as wat SARU wil toegee.

“The players of other countries develop and improve. South Africans are going backwards. Springbok rugby has deteriorated the last four years – especially the last year – and this year we’ve lost five games. Since the (2014) end-of year-tour we lost another two. So it’s seven games in less than a year.

“If you look at the All Blacks, they’ve lost three games in four years. And there’s a big concern about the way we are playing. We are just playing the one style of play. We’re not moving on, we’re not renewing. So basically, it must be (because) of the coach.”

Dit was ook oor Meyer gesê

Claassen het gekry wat hy en Serfontein gevra het, ʼn polities-onaantasbare afrigter, skotvry van die kommersiële skade wat hy aanrig aan die Springbok-embleem.

“Ek het gewonder oor die aanstelling van Allister Coetzee,” het Hoskins gesê kort nadat hy bedank het in Augustus vanjaar.

“Ek het besef dat daar ʼn beter afrigter moet kom na Heyneke Meyer en ek het getwyfel of Allister die regte een is.”

Gelukkige Allister. Hy het nog werk vir drie jaar.

Vir ʼn baie kort rukkie sou ek Hoskins amper kon glo.

Related Posts

« »