WEDSTRYDVERSLAG: Toyota Cheetahs v Steval Pumas

May 28 • General News • 1351 Views • Comments Off on WEDSTRYDVERSLAG: Toyota Cheetahs v Steval Pumas

1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (No Ratings Yet)
Loading...

Wedstryd: Toyota Cheetahs vs Steval Pumas

Toernooi: Curriebeker Kwalifiserende rondte

Stadion: Toyota Park

Afskop: 15:00, 27 Mei, 2016

 

WEDSTRYDVERSLAG:

BLOEMFONTEIN – Dit was vanmiddag behoorlik ‘n geval van oorlog tussen die troepe van Hugo-en Hugo met Marius van der Westhuizen in die middel van die veld wat die fluitjie hanteer.

 

Reniel Hugo was kaptein van die Vrystaters en Hugo Kloppers, dié van die Steval Pumas. Perfekte weersomstadighede in die Rosestad het gesorg vir opwindende naelbytrugby tussen die Toyota Cheetahs en Steval Pumas.

 

Die Vrystaters was dadelik op die aanval en het vroeg in die helfte die vyfpunters ingeryg (die vaskopstut, Johan Coetzee het eerste gedruk en Sias Ebersohn het verdoelwerk gedoen). Dit was die ervare Hoffmann Maritz van die Pumas wat enkele minute later teruggeslaan het met ‘n drie van sy. Justin van Staden het met die doelskop geslaag. Hy het sy span se telling weer laat nader kruip met ‘n suksesvolle strafskop, maar die tuisspan het die voorsprong laat rek met nog twee Ebersohn verdoelde drieë (Tertius Kruger, buitesenter en Lorenzo Gordon, vleuel). Net voor die breek is die Cheetahs se flank, Tienie Burger met ‘n geelkaart gestraf.

 

Met die rustydtelling 21-10 in die guns van die tuisspan het daar beslis harde woorde in die kleedkamer geval aan die kant van die Pumas, want hulle het die tweede helfte met nuwe vuur aangepak.

 

Dit was egter die haker van die Vrystaat wat die eerste punte in die tweede helfte aangeteken het met ‘n onverdoelde drie. In die 57e minuut het die Pumaslot, Jannie Stander sy drie vir die Pumas gaan druk. Lambert Groenewald het die besoekers se telling nog nader laat kruip met ‘n drie laat in die tweede helfte. Van Staden het die nodige twee bygevoeg, wat net vier punte tussen die twee spanne gelaat het en 12 minute op die stadion horlosie. Die held van die dag was beslis Tyler Fisher, wat die afgelope paar wedstryde van die bank af ‘n groot impak maak het. Hy het sy span se vierde drie in die doodsnikke van die wedstryd gedruk met Van Staden wat die laaste spyker in die kis ingeslaan het vir die Steval Pumas se oorwinning van 29-26.

 

Die volgende wedstryd van die Steval Pumas is op 4 Junie waar hulle teen die Xerox Lions gaan speel. Dié wedstryd sal nie opdie gebruiklike Mbombela Stadion gespeel word nie, maar op die KaNyamazane Stadion, net buite die stad. Ingang beloop R20/volwassene en R10/skolier.

 

Daar sal van ‘n stop-en-ry pendeldiens gebruik gemaak word wat vanaf Mbombela Stadion sal vetrek Saterdagmiddag. Tye vir die diens sal later bekendgemaak word. Soos 2013 se oefenwedstryd teen die Sharksspan, behoort hierdie geleentheid weer een van die hoogtepunte op die toeskouers se kalenders te wees.

 

Kaartjies is by enige Computicket-kantoor beskikbaar en by die stadion.

 

Verloop van die wedstryd:

Eerste helfte:

Drieë:

Steval Pumas: Hoffmann Maritz (1)

Toyota FS Cheetahs: Johan Coetzee (1), Tertius Kruger (1), Lorenzo Gordon (1)

 

Verdoelskoppe:

Steval Pumas: Justin van Staden (1)

Toyota FS Cheetahs: Sias Ebersohn (3)

 

Strafskoppe:

Steval Pumas: Justin van Staden (1)

Toyota FS Cheetahs:

 

Geelkaart:

Steval Pumas:

Toyota FS Cheetahs: Tienie Burger (36e minuut)

 

Rustydtelling: 21-10 (Toyota FS Cheetahs)

 

Tweede helfte:

Drieë:

Steval Pumas: Jannie Stander (1), Lambert Groenewald (1), Tyler Fisher (1)

Toyota FS Cheetahs: Joseph Dweba (1)

 

Verdoelskoppe:

Steval Pumas: Justin van Staden (1)

Toyota FS Cheetahs:

 

Strafskoppe:

Steval Pumas:

Toyota FS Cheetahs:

 

Eindtelling: 29-26 (Steval Pumas)

 

EINDE.

Toyota Cheetahs

  1. Reinardt Erwee
  2. Lorenzo Gordon
  3. Tertius Kruger
  4. Ali Mgijima
  5. Maphuta Dolo
  6. Sias Ebersohn
  7. Ruan van Rensburg
  8. Johann Grundlingh
  9. Tienie Burger
  10. Ntokozo Vidima
  11. Reniel Hugo (C )
  12. Carl Wegner
  13. Johannes Coetzee
  14. Joseph Dweba
  15. BG Uys

 

Plaasvervangers

  1. Elandre Huggett
  2. Chase Morison
  3. Niel Claassen
  4. Refuoe Rampeta
  5. JP Smith
  6. Darren Baron
  7. Kholo Ramashala

 

Hoofafrigter:  MJ Smith.  Assistant afrigters:  Sinovuyo Ganto, Izak van der Westhuizen

Spanbestuurder:  KK Hlongwane

 

Caption:

Tyler Fisher in aksie in ‘n wedstryd op Mbombela Stadion teen die Hino Valke vroeër vanjaar. Hy het die Steval Pumas se wendrie in die doodsnikke van die wedstryd in Bloemfontein gedruk. Die Pumas het met ‘n 29-26 oorwinning van die veld gestap. Foto: Riaan Swanepoel | Steval Pumas

 

 

Sou daar enige iets anders wees, skakel gerus.

Related Posts

« »