WEG- WENNE IS SOOS POEDING #PaleToe

Mar 25 • General News, Pale Toe, Super Rugby • 1364 Views • Comments Off on WEG- WENNE IS SOOS POEDING #PaleToe

1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (No Ratings Yet)
Loading...

Weg-wenne in hierdie kompetisie is soos pasellas. Dit maak ‘n reuse verskil aan spelers se gemoed en die punte leer, sê Simon Riekert van #Pale Toe.

 

Daarom is dit vandeesweek belangrik om twee Suid Afrikaanse spanne dop te hou wat weg speel. Die een is ‘n ernstige aanspraakmaker op Superrugby-sukses en die ander een is (alweer) in ‘n bou-fase.

Sonder om die Kings ‘n onreg aan te doen, kan met sekerheid gesê word dat die Bulls en Stormers ons hoop op sukses dra in rondte 5 van die Super 18-toernooi.

Die Cheetahs en Sharks het dit ook nie maklik op hul tuisvelde nie, want die gewonde Brumbies en Crusaders sal vir seker met ‘n groot aanslag kom. Na verlede naweek se teleurstellende skeidsregters fiasko teen die Stormers, sal die Brumbies beter hoop hê met Glen Jackson, Rasta Rasivhenge, AJ Jacobs en die TMO Willie Vos in beheer van die wedstryd in Bloemfontein.

Die Sharks hoop om hul onoorwonne sewe-in-‘n-ry rekord te behou en met Gary Gold wat sy kritici se monde snoer week na week, sal hulle nie sommer bes gee teen die Crusaders nie. Die Sharks se drie uit vyf tuis wenne teen die Nieu Seelanders spreek vanself, maar die Crusaders sal met ‘n weg-oorwinning in kontak met hul landgenote, die Chiefs en Highlanders wil bly. Weereens ‘n goeie rede om weg te wen vandeesweek. Ons hoop net dat Jaco Peyper ‘n beter wedstryd het as verlede naweek, al begin dit by Johan Greef in die TMO-boks.

Terug na die Bulls en Stormers, wie onderskeidelik die Japannese Sunwolves en die Argentynse Jagaures aanvat.

Die Bulls se gelukkige, gelykop 16-elk laasweek teen die Sharks op Loftus (sommige sê die wedstryd is gekook), is nog vars in die span se geheue.

Die Pretorianers het sedert die vierde rondte in 2013, ja dis reg, laas buite die landsgrense gewen. Die Sunwolves soek nog na hul eerste oorwinning, maar het met tye gewys dat hulle wel goeie kompetisie kan word in die toernooi se later fases.

Die Bulls het nog net een uit drie wedstryde gewen in vanjaar se toernooi en met Jesse Kriel terug in die span op no.13 sal die Bulls se gevaarlike agterlyn die nodige slaankrag, selfvertroue en volwassenheid terugkry.

Die Stormers speel in Argentinië teen die Jagaures. Die Suid Amerikaners het reeds in die eerste rondte teen die Cheetahs in Bloemfontein gewen, maar vasgeval teen die

Sharks in Durban en die Chiefs (tuis). Alhoewel hul wen teen die Cheetahs met net 1 punt was, het hulle slegs met 4 punte teen die Sharks en Chiefs verloor.

Daarenteen is die Stormers se gemiddeld 15.5 punte per weg-wedstryd in die laaste vier wedstryde.

Soos op Nuweland, tel die partydige tuisskare waarskynlik tien punte by die telbord, en in Buenos Aires gaan dit nie anders wees nie.

Dit gaan ‘n groot poging vir die Kapenaars wees om hierdie een weg te wen.

Met die Kings wat op ‘n stadium goed gehou het teen die Hurricanes vroeg vanoggend, maar tog met 20-42 verloor het, is die hoop op ‘n weg-wen stewig op die Bulls se skouers. As die Sharks en Stormers nie wen nie, is die hoop dat hulle met minder as 5 punte verloor, wat ‘n aansienlike verskil aan bonuspunte kan maak later vanjaar.

Related Posts

« »