WP: IS GOEIE BEGIN HALF GEWIN?

Aug 14 • General News, Pale Toe • 1631 Views • Comments Off on WP: IS GOEIE BEGIN HALF GEWIN?

1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (No Ratings Yet)
Loading...

Artikel deur Simon Riekert #PaleToe 

TUSSEN VIER LYNE: ʼn Weeklikse fokus op die belangrikste Curriebeker wedstryd van die komende naweek. Ons konsentreer op een van die spanne se voorbereiding en waag ‘n mening oor die ander. Ons is gewoonlik reg met die tong-in-die-kies.

 

WP, jou lêkke ding!: WP v Cheetahs

Die huidige Curriebeker kampioene, die WP het die 2015 seisoen baie goed begin deur die moeilike manne van die Noord-Wes Kaap te tem. Griekwas het al drie keer die Curriebeker gewen en die laaste keer toe Mannetjies Roux vir hulle gespeel het in 1970.

WP, daarenteen is ʼn span met ʼn nuwe afrigter en met sukses in die Superrugby toernooi (streekwenners 2015), is hul sterte so regop as kan kom. Hulle het die Griekwas in Kimberley oortuigend met 43-19 gewen en in die proses ses drieë gedruk, drie elk in elke helfte. Die WP se resep gaan beslis wees om balverspeiding tot die maksimum te ontwikkel, want dit is wat verlede naweek vir hulle gewerk het. Griekwas se onbeholpenheid op verdediging het grootliks tot die WP se werkstempo bygedra, maar dit neem niks weg van die gevaarlike agterlyn van die Curriebeker kampioene nie.

Vandeesweek takel hulle ʼn gewonde Cheetah span op hul tuisveld, Nuweland. Franco Mosterd se span sal iets spesiaal moet saambring Kaaptoe want ʼn nuwe generasie Blou Bul span het hulle van hul voete se kussings afgespeel, verlede Saterdag-middag.

Ons verwag dat die WP met ʼn groot aanslag sal kom en tuisveld voordeel sal verseker dat die spoed vraat Seabelo Senatla meer as eenkeer agter die doellyn sal gaan kuier.

Ons waag met ʼn 15-punteverskil in die WP se guns.

Afskoptyd is 15:00 Saterdag-middag

 

Die katgeveg: Lions v Pumas

ʼn Mens sal nie verkwalik word as jy Vrydag-aand reeds vroeg die braaivleisvure aansteek nie, want verlede naweek se twee regmakers het behoort aan die Pumas en die Blou Bulle.

Die twee spanne takel twee gevaarlike maar verskillende opponente. Die Steval Pumas reis Johannesburg toe om hul kat nefies, die Leeus die stryd aan te sê op Emirates Airlines Park. (Hoekom maak hulle die name so moeilik? Dit bly tog Ellispark en die ander naam klink so uitlands.)

Eweneens, daar word groot dinge van Johan Ackermann se troepe verwag vanjaar en met verlede naweek se onsermoniële onttroning van die Konings (51-14), sal die Pumas deeglik kennis neem van die span wat vriend en vyand verras het in vanjaar se Superruby-toernooi.

Ons meen die Lions gaan hierdie een met 10 punte vat, maar dat daar ʼn helse katgeveg so in die begin van die pirnjiaau-seisoen gaan kom, is nou maar wors.

Afskoptyd Vrydag-aand 19:10

 

Die Blou Bul se vloer is skoon: Blou Bulle v Griekwas

Om klokslag dieselfde tyd as hul Jukskei-rivier buurmanne se stryd, blaas die afskop fluitjie op Loftus Versveld, Vrydag-aand.

Nollis Marais se skewe glimlag vandeesweek by die spanaankondiging vertel die verhaal van “ek het julle mos gesê”. Die jong Bulle het die Cheetas van hul spore af gespeel en met ʼn bonuspunt teruggekeer Pretoria-toe verlede naweek (telling 57-19).

Nollis sal veral bly wees oor Tian Schoeman se loodvoet en die feit dat Francois Hougaard nie oproepinstruksies Springbokke toe gekry het nie.

Die Griekwas op Loftus, is ʼn ander klomp mak moere, soos die Noordkapers sê.

As hulle kan herstel van hul effegeit met die verdediging saam en manne in spasies kan sit met hul opportunistiese agterlyn, kan die kraal te wyd word.

Nollis het gesê dat hy graag weer tussen gelukkige ondersteuners op die pawiljoen wil gaan sit, en na alle waarskynlikheid sal hy weer so kan doen Vrydag-aand.

Bul-ondersteuners vergeef graag en Vrydag-aand kan dalk net weer die beteken dat die Blou Bul lied die eerste plek op Pretoria se treffersparade inneem.

Ons reken daar is ʼn wen vir die Bloues met 8 punte.

Afskoptyd 19:10

 

Haaivleis of Koningskos?: Sharks v Kings

As jy ʼn Sharks ondersteuner is neem ons jou nie kwalik vir omgekrapte moerigheid na jou span se vertoning verlede naweek nie. Afbreekpunte wat onbenut was en gesteelde lynstaanballe was die Sharks se doodskoot in verlede naweek se wedstryd teen die Pumas. Die Springbok Michael Claasens op skrumskakel kan weereens die vonk verskaf voor en agterlangs soos wat hy in die tweede helfte teen die Pumas gemaak het.

Die Kings het ʼn steil bult om te klim en ʼn mens wonder of Luke Watson se span werklikwaar op standaard is vir die Premierliga. Hul getjommel verlede naweek het geen vertroue ingeboesem dat hulle ʼn ernstige berdeiging vir die topspanne gaan wees nie.

Ons reken dat die Sharks hier maklik ʼn bonuspunt kan verdien en die wedstryd met 15 punte of meer kan wen.

Geniet die rugby en om oom Zandberg aan te haal, “goeienag ou grote”.

Related Posts

« »