WP Troef Boland | Kavaliers pak Vrystaat te Bloem

Jul 12 • General News, National, South Africa, South Africa • 1702 Views • Comments Off on WP Troef Boland | Kavaliers pak Vrystaat te Bloem

1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (No Ratings Yet)
Loading...

Die Boland Kavaliers het Saterdag met 14-25 die onderspit gedelf teen die Westelike Provinsie, in ‘n Curriebeker-wedstryd op Rhino Park, Piketberg.

Die rustydtelling was 7-15 in die guns van die besoekers.

Vir Kavaliers het die vleuel Danwell Demas, in sy 50ste wedstryd vir Boland, asook die binnesenter Christopher Bosch, drieë behaal, terwyl die heelagter Nico Scheepers albei drieë verdoel het. WP se punte was aangeteken deur Robert du Preez, Chad Solomon en EW Viljoen. Du Preez was ook in die kol met twee doelskoppe en twee strafdoele.

 

BOLAND O.20:

In ‘n wedstryd wat op die Barnard Stadion te Kempton Park beslis was, het Boland se o.20-span gemaklik afgereken met die Valke. Dié jong Bolandspan het elf drieë ingepalm (insluitend sewe doelskoppe) om met met 69-21 te wen.

Boland o.20 se puntemakers was André Manuel (twee drieë en twee doelskoppe), Hendrik Carstens (1 drie en 5 doelskoppe), Michaine Fick (twee drieë), Caleb Louw, Colin April, Enzo Foutie, Eugene Grootboom, Heinrich Basson, Carstens en Kurt-Lee Carstens (1 drie elk).

 

BEPALINGS:

BOLAND KAVALIERS: Eerskomende Saterdag 16 Julie 2016 meet die Boland Kavaliers kragte teen die Vrystaat, in die Vrystaat Stadion te Bloemfontein om 16:15. Dié wedstryd word regstreeks uitgesaai op Supersport.

BOLAND O.20: Boland se o.20-span speel Saterdag 16 Julie teen Limpopo in die Peter Mokaba Stadion, Polokwane om 15:00

Related Posts

« »