Zandré Jordaan aangewys as kaptein van die Boland Kavaliers

Mar 31 • General News • 1476 Views • Comments Off on Zandré Jordaan aangewys as kaptein van die Boland Kavaliers

1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (No Ratings Yet)
Loading...

Jordaan, afkomstig van Vredenburg , het sy buiging vir die Kavaliers in 2009 gemaak en is met 94-wedstryde een van Boland se mees-ervare spelers.

Volgens Randall Modiba, hoofafrigter van die Boland Kavaliers, was die keuse om Jordaan as kaptein aan te wys, ‘n natuurlike een.

“Zandré is ‘n sterk leier, op-en-van die veld af en het van die staanspoor af ingekoop op die afrigtingspan se visie vir die seisoen. My lang verbintenis met Zandré het die keuse vergemaklik, omdat ek bewus is wat Zandré kan bied as ‘n kaptein. Zandré is ook ‘n speler wat die Kavaliers-tradisie en Boland kultuur goed verstaan.”

Jordaan sal bygestaan word deur Frederick Muller en Wayne Wilschut, as gesamentlike onderkapteine.

Muller is ‘n voormalige Boland Cravenweek-kaptein en het verskeie ander spanne, wie hy oor die jare verteenwoordig het, gelei.

Wilschut is ‘n voormalige kaptein van die klubspan Worcester Villagers en is ook ‘n produk van Boland se klubrugby strukture. Wilschut het Villagers vir ‘n tydperk van 4-jaar gelei en is die afgelope 3 seisoene reeds deel van die Kavaliers-opset.

Volgens Modiba is al drie spelers natuurlike leiers, met hul vaardighede as kapteins wat reeds op verskeie vlakke oortuig het.

“In die geheel beskik dié drie spelers oor die karakterseienskappe van goeie leiers, wat die nodige respek van hul spanmaats wegdra”.

Related Posts

« »