Zandré Jordaan to lead Boland against Welwitchias

Apr 6 • National, Vodacom Cup, Vodacom Cup News • 2115 Views • Comments Off on Zandré Jordaan to lead Boland against Welwitchias

1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (No Ratings Yet)
Loading...

Zandré Jordaan

Boland 8th man Zandré Jordaan will captain his side on Friday against the Welwitchias. Here is the media release on the team in Afrikaans:

“Die Boland Kavaliers se agtsteman Zandré Jordaan sal Vrydag met voorbeeld moet lei ná Boland Rugby se direkteur van afrigting, Eugene Eloff, vandeesweek besluit het om drie van sy seniorspelers ‘n blaaskans te gee vir die Vodacombeker wedstryd teen die Welwitschias.

Die Kavaliers se gereelde kaptein Bolla Conradie, asook die slot Grant le Roux en die haker Clement Lewis, sal Vrydag vanaf die plaasvervangerbank af diens doen aangesien hulle meeste van vanjaar se wedstryde begin het. In die beginspan word dié drie onderskeidelik vervang deur Marnus Hugo, Jerry Sefoko en Ashton Constant.

“Bolla, Grant en Clement het nou al amper elke wedstryd dié seisoen vir ons gespeel, dus het ons besluit om vir Marnus, Jerry en Ashton ‘n kans te gee,” sê Eloff.

Volgens Eloff is Jordaan die “volgende mees-senior speler in die span, dus was hy ‘n logiese keuse as kaptein vir komende Vrydag”.

Die ander opsies vir die kapteinskap was die flank Franzel September en die losskakel Elgar Watts.

“Ons wil vir Boland se toekomstige leiers ‘n kans gee en die opbou tot die Curriebeker-kompetisie is die perfekte geleentheid hiervoor,” sê Eloff.

Die Kavaliers sal Vrydag met niks minder as 5 punte tevrede wees nie, veral ná verlede Saterdag se spogsege oor die Luiperds op Potchefstroom.

Hoewel dinge op die Vodacombeker punteleer dalk nie so goed lyk vir Boland nie, kon dit bietjie anders gewees het indien die Kavaliers hul kanse beter benut het. Veral teen ‘n span soos die Pumas. Boland het immers dié seisoen reeds met twee Curriebeker Premierliga-spanne op hul onderskeie tuisvelde afgereken, met seges teen die Bulle op Loftus en die Luiperds op Potch.

Verder het die beseringspook ook gereeld ‘n draai by die Boland-kamp gemaak en sleutelspelers soos Hottie Louw, Jacquin Jansen, Jeremy Plaatjies en PJ Vermeulen is steeds op die krukkelys.

Eloff het egter tot dusver goed gebruik gemaak van Bolandse klubspelers, met manne soos Manie Adams en Callie Steenkamp wat onlangs gemaklik by die groep ingeskakel het.”

Boland se span vir Saterdag:

1. Charl du Plessis
2. Ashton Constant
3. Roussouw Kruger
4. Jerry Sefoko
5. Lehan Koekemoer
6. Franzel September
7. Thor Halvorsen
8. Zandré Jordaan (kaptein)
9. Marnus Hugo
10. Elgar Watts
11. Allister Kettledas
12. Braam Gerber
13. Cornal Hendricks
14. Brendon April
15. Willie le Roux
16. Clement Lewis
17. Janro van Niekerk
18. Grant le Roux
19. PJ van Zyl
20. Bolla Conradie
21. Jonathan Francke
22. Manie Adams

Related Posts

« »