BRU Groot Uitdaag Top 8 – Boland Stadion, Wellington – 8 Oktober 2016

Oct 5 • General News • 1929 Views • Comments Off on BRU Groot Uitdaag Top 8 – Boland Stadion, Wellington – 8 Oktober 2016

1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (No Ratings Yet)
Loading...

Die Boland Rugbyunie se Grootuitdaag Top 8 (kwarteindrondte) vind Saterdag 8 Oktober plaas op die Boland Stadion te Wellington.

Met die unie se top klubs wat oor die volgende drie naweke (8; 15 en 22 Oktober 2016) sake sal uitspook om as die top klub in die Boland (in hul onderskeie ligas) gekroon te word, is dit die agt voorste Grootuitdaag-klubs wat eerskomende Saterdag sal koppe stamp. Die wenners van dié rondte wedstryde, sal deurdring na die halfeindrondte op 15 Oktober.

Boland Rugby se klubfinale word op 22 Oktober op die Boland Stadion beslis.

Sake skop eerskomende Saterdag af om 11:30, wanneer Saldanhabaai en Caledon in die eerste kwarteindrondte slaags raak. Om 13:00 pak Robertson en Hillcrest United mekaar, gevolg deur Hawston teen Wesbank om 14:30. Om 16:00 speel Roses United teen Worcester Villagers.

Al die bogenomede wedstryde sal op die hoofveld van die Boland Stadion beslis word. Hekke open om 10:00.

Toegang beloop R20 vir volwassenes en R10 vir skoliere.

Let asseblief daarop dat verskeie strate in die woonbuurt rondom die Boland Stadium, op dié dag, vanaf 09:00 gesluit sal wees, om sodoende die vloei van verkeer te beheer. Publieke parkering sal by Huis Andrew Murray (oorkant die Boland Stadion B-veld) beskikbaar wees teen R20 per voertuig.

Related Posts

« »