DIE KOMENDE AGSTEMAN DERBY VAN NUWELAND #Pale toe

Apr 22 • General News, Pale Toe, Super Rugby • 2528 Views • Comments Off on DIE KOMENDE AGSTEMAN DERBY VAN NUWELAND #Pale toe

1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (No Ratings Yet)
Loading...

Artikel deur Simon Riekert

(Twitter: @Nader_pale_toe)

Foto: Anton Geyser 

ʼn Mooi wedstryd gaan dit nie wees nie, maar beslis een vir die fynproewer en vir die agsteman en kaptein wat hom die graagste wil hê, die wen.

Vandeesweek sal die noord-suid derby se uitslag ʼn bepalende faktor wees vir die spanne se Superrugby toekoms vir 2015.

Een span sal ʼn tree of wat nader wees aan die Suid-Afrikaanse logwenner, terwyl die ander letterlik tweede viool sal speel.

Die Stormers het opgedaag met ʼn groentjie span en ʼn uitgeslape speelplan en het die Bulls op Fort Loftus kom aanvat- en onthoring op Valentynsdag in 2015.

Die telling op daardie aand was ʼn goeie weergawe van die Stormers se poging: 29-17. Slim spel het hulle die gebiedsvoordeel gegee, twee drieë laat druk en balbesit het verseker dat hulle twee keer meer suksesvol was by die afbreekpunte. Alhoewel daar ʼn groot gros gelykmakende feite was, soos die skrumtelling (6-elk), strafskoppe afgestaan (10-elk) en uit-die hand-skoppe (Bulls 21- Stormers 22) het die deurslag gelê  in die misvatte (Bulls 18- Stormers 8), verdedigers gesystap ( Bulls 9- Stormers 18) en die skoon wegbreke (Bulls 0- Stormers 8).

Die sagmaak werk was daardie aand die Stormers se voorreg, met kaptein Duane Vermeulen aan die voorpunt na ʼn lang afwesigheid weens beserings. Sy eweknie, Pierre Spies was die dag in die nommer 19-trui en het heelwat gehad om te bewys met sy terugkeer, ook weens ʼn langtermyn besering. Arno Botha het op nommer agt gesak.

Vir beide spelers het die realiteit van die 2015 Superrugby-seisoen die weg gebaan vir die finale keuse wie die draer van die nommer 8-trui Springboktrui later vanjaar in Londen sal wees. Daardie naweek het die wedloop begin en dit word vandeesweek voortgesit. Beide sal die kapteinskap en die verantwoordelikheid van hul spanne se sukses dra. Beide sal alles gee in die nommer agt trui en as kapteins. Een van die twee se span sal Saterdag-aand as verloorder van die veld afstap. Een van die twee sal later vanjaar Heyneke Meyer se eerste keuse agteraan die skrum wees.

Op papier lyk hul vertonings só na 10 rondtes in vanjaar se Superrugby-reeks:

 

                                                            SPIES                                                 VERMEULEN

Lyn wegbreke                 2                      1
Vorentoe wegbreke                37                      41
Losskrum gewen                 8                       7
Laagvatte uitgevoer                50                      27
Lynstane gewen                16                       5
Skoppe gevang                  8                      12
Strafskoppe afgestaan                  2                       3
Balbesit verloor                  2                       1

 

Spies het egter een meer drie gedruk (2-1) en Vermeulen se enigste drie tot dusver was juis teen die Bulls op Loftus, vroeër.

Spies het die afgelope ruk tekens getoon dat hy weer die ou stormram is en met sy 1,94 meter lange lyf sal hy graag wil domineer in die vaste losspel. Vermeulen speel al hoe meer met selfvertroue en tydens die Stormers se toer na Australasië, was sy wegbreke ʼn kenmerk van die Stormers se voorvoet balbesit. Sy 103 kg het meestal gesorg dat die Stormers die meter of drie wat nodig was vir die agterlyn se slaankrag, beskikbaar was.

ʼn Gelykopstryd op papier dus vir die twee nommer agts, maar agterlangs sal Hougaard en De Allende hoop op skoon besit om die snellers aan die gang te sit. Eweneens sal die Bulls op Pollard se skopvoet staatmaak, soos die Stormers op Catrakilis s’n.

ʼn Mooi wedstryd gaan dit nie wees nie, maar beslis vir die fynproewer en vir die agsteman en kaptein wat hom die graagste wil hê, die wen.

Vra maar vir Heyneke Meyer.

Related Posts

« »