Droomjaar vir blondekoppe van die Pumas

Nov 20 • General News • 3525 Views • Comments Off on Droomjaar vir blondekoppe van die Pumas

1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (No Ratings Yet)
Loading...

Carli Koch – Rugby 15

Fotos: Hennie Homann

Die blondekop-rugbyspeler, Renaldo Bothma het die slothoofstuk van sy droomseisoen van 2014 geskryf nadat hy as Mpumalanga Rugby Unie se Steval Puma van die Jaar aangewys is. Die unie het Woensdag hul toekenningsaand by Emnotweni gehad waar die jaar se topspelers gekroon is.

Nie net het hy dié gesogte prys ingepalm nie, maar hy is ook as die Nel Trophies Vodacom- én Curriebekerspeler van die jaar aangewys, “Ek het nie regtig enige verwagtinge gehad nie. Ek is baie geseënd met waar ek nou is en volgende jaar gaan nóg groter wees.”

Die voormalige losskakel Boklegende, Naas Botha, het tydens die verrigtinge genoem dat toekenningwenners vir hulself ‘n standaard stel wat hulle moet uitleef. “Die woorde van Naas lê my baie na aan die hart en ek het reeds vir myself nuwe mikpunte gestel en ek gaan al hoe harder werk om suksesvol te wees – nie net by die Pumas nie, maar by die Sharks en vir Namibië.”

Bothma, wat in dié buurland gebore is, draf volgende jaar vir dié land in die rugbywêreldbeker-toernooi in Engeland uit.

Een van die ander blondekoppe by die Pienkes, Vincent Koch, was óók een van die name wat ‘n paar keer gelees is. Hy is as mees belowende voorspeler, voorspeler van die jaar asook SupaRugby.com SupaPuma 2014 benoem. André Bester van SupaRugby het reeds lank voor die tyd op Koch besluit. “Ons pakvoorspelers het ‘n goeie seisoen op die veld gehad en daar was ‘n hele paar wat hande opgesteek het. André het op die verhoog vir my gesê dat hy die trofee aan my oorhandig omdat hy weet ek gaan eendag ‘n Springbok word. Sy woorde beteken baie omdat hy ‘n gerekende skrywer in die rugbykringe is.”

IMG_6250.JPGVincent Koch

 

‘n Nuwe Besturende Direkteur van Mpumalanga Rugby Edms Bpk is óók by die glansgeleentheid aangewys. Pieter Burger neem die leisels by Riaan Venter oor.
Die spelers Speler van die jaar, is vanjaar aan die kaptein, Corné Steenkamp toegeken. Alhoewel hy op 10 Oktober vir die laaste keer ‘n Pumastrui oor sy kop getrek het, is hy as die kondisioneringsafrigter aangestel.
Die senter, Stefan Watermeyer, het die meeste drieë (4) van die 2014-seisoen aangeteken en ook die trofee vir die agterspeler van die jaar ontvang.

Die nuweling wat eers vanjaar sy stempel op Mbombela afgedruk het, Justin van Staden, het die meeste punte (100) vanjaar aangeteken.
Die Pumas-slot, Eduan van der Walt wat verlede jaar November vir die Guillain-Barré-sindroom, ‘n potensieël lewensbedreigende siekte, behandel was, is deel van die Pumas se 2015-oefengroep.

Dié spelers het ook toekennings ontvang

• Mees belowende agterspeler – Wilmaure Louw
• Beste vordering – Lubabalo, Giant, Mtyanda
• Mees lojale speler – DeJay Terblanché
• 2014 beste verdediger: Voorspeler – Corné Steenkamp
• 2014 beste verdediger: Agterspeler – Ruwellyn Isbell
• 2014 spelers: Speler van die jaar – Corné Steenkamp (159 wedstryde).

Related Posts

« »