Eduan van der Walt, terug in Nelspruit

Aug 22 • General News • 1867 Views • Comments Off on Eduan van der Walt, terug in Nelspruit

1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (No Ratings Yet)
Loading...

Screen Shot 2015-08-22 at 5.12.15 PM

Eduan van der Walt, sterslot van die Steval Pumasspan, wat ‘n week na die oorwinning van die Vodacombeker in Mei-maand vir die tweede keer gediagnoseer is met GuillainBarré sindroom (GBS),is weer terug by die huis. Hy het verlede naweek (16 Augustus) sy terugkeer na Nelspruit gemaak om sy rehabilitasieprogram hier voort te sit.

Op 5 Junie het Van der Walt tekens van spierswakheid in sy gesig begin toon. Na hy op dieselfde dag nog met die spandokter, Dr Kobus Hugo in aanraking gekom het, is hy dringend verwys na die Unitas Hopitaal, waar hy later daardie selfde aand in die intensiewewaak-eenheid opgeneem is onder die bekwame sorg van Dr Naidoo, die neuroloog wat hom met die vorige terugval ook behandel het.

Op 7 Julie is Van der Walt oorgeplaas na NedCare Irene waar hy die volgende twee weke gehelp is met sekere lewensvaardighede. Volgens hom het hy nog gesukkel om self te eet, stort en hier en daar aantrek. Die fit dat die sentrum ‘n inslaap eenheid is, het fisioterapiesessie net makliker gemaak siende date k nog nie kon bestuur het nie. Twee weke later kon Eduan self uit die sentrum stap en het hy vir so paar dae by sy ma Hannelie aangebly, voor hy besluit het om terug te keer na Nelspruit.

“Die ondersteuningsbasis wat ek hier het is eenvoudig finominaal. En natuurlik is Elzette Kruger, die fisioterapeut wat my die vorige keer tot weer op die rugbyveld behandel het, ook hier. Sy doen ongelooflike goeie werk en glo ons gaan dit weer regkry om by ons gesamentlike doelwittte uit te kom,” noem Van der Walt.

Op die vraag hoe hy huidiglik voel het Van der Walt geantwoord:

“Ek voel ongelooflik goed. Die feit dat ek terug by my eie huis is, forseer my om meer onafhanklik te wees soos om self kos te maak, natuurlik is my vriende baie ondersteunend en dit opsigself gaan my beslis help om die herstelproses te verspoedig. Ek is nou in die diepkant ingegooi, alhoewel my rug nog seer en moeg word en my bene soos jellie voel met tye, sien ek uit na die uitdaging wat voorlê.”

Volgens hom was die eerste GBS terugval nie regtig so erg nie, maar die malaria het dit verger. Sy hande was baie aangetas, waar hy nou meer in die bolyf, arms en bene swakheid ervaar. Hy sukkel tans om sy arms bo sy skouers op te tel en seker bene opligfunksies, maar hy beweeg tog op sy eie. Sy oë is steds aangetas en hy dra ‘n spesiale bril om sy oogspiere te versterk. Hoevel hy geen sig problem het nie, is sy oogspiere swak en moet met die hulp van die bril “geoefen” word.“

“Wat my gesigspiere aan betref is daar steeds ‘n bietjie swakheid en sukkel ek maar nog net om eenvoudige goed soos ‘n ‘P’ uit te spreek,” vertel hy.

Die 27-jarige atleet het meer as 20kg in die laaste twee maande verloor. Van 108kg in die hospitaal in, af tot 85kg in die hospitaal, maar hy is weer stadig maar seker besig om gewig aan te sit en weeg al 90kg.

Positiwiteit straal uit Van der Walt uit. Op die vraag: Psigies, wat is jou grootste uitdaging?

“Ek is gelukkig, dit voel nie of ek ‘n uitdaging het nie. Ek word dag vir dag sterkter en dit gee my baie hoop. As ek in die oggende opstaan dink ek aan mense wat terminale siektes het, wat geen kuur het vir hulle kondisie nie. Ek dink maar net aan ‘n man soos Joost van der Westhuizen. As hulle dit kan regkry om hoop te hou, het ek mos geen verskoning nie.”

“Dan natuurlik moet ek hard werk om nie die heeltyd te sit en dink aan wanneer die volgende terugval kom nie. Veral ook omdat ek gediagnoseer is met die chroniese vorm van GBS. Hulle sê die kans is goed dat dit weer kan gebeur, maar die medikasie is egter in my sisteem. Vrae soos: “Is hierdie swakheid wat ek nou voel die oefening van gister of is dit die simptome wat nou weer terugkeer” gaan ek moet blok, anders gaan dit my lewe nag maak. Maar ek is baie positief dat als sal regkom.”

Is rugby speel weer op die kaarte?

“Ja, dit is plan A. Ek werk hard daartoe. Of alles gaan regkom weet ons nie, tyd sal leer. Dit hang seker ook maar af of die senuwee teruggroei al dan nie. Plan B, is ek natuurlik baie bevoorreg dat my ma ‘n kollege het waarby ek kan gaan aansluit, maar ek wil maar my rugbyloopbaan voorsit. Plan C is beslis iewers iets met rugby te doen. Ek was reeds in gesprekvoering met ons CEO, Pieter Burger en ons het oor ‘n paar opsies gesels. Ek het alles in die Here se hande geplaas. Dit is tog Hy wat rugby in my lewe gebring het en sal terugbring of nie, en ek heeltemal vrede in my hart met wat die uitkoms gaan wees. Ek… ons sal dit maak werk.”

Die volgende paar weke?

“Basies sal ek twee maal per week na die fisios gaan om die spierstyfheid los te kry as gevolg van die swakheid. En met die versterking moet daar ‘n balans gekry word, en ek is baie gerus om weer in Elzette se betrobare hande te wees. Haar kennis en professionaliteit maak my sommer beter slaap in die aande, en natuurlik die feit dat ons al voorheen saam dié padjie geloop het, is baie gerusstellend.”

Elzette Kruger, fisioterapeut by StepMed Nelspruit, noem dat sy ‘n spesiale belangsteling in neurologie en neurosirurgie het en haar meestersgraad in die loopgang van beroerte pasiënte gedoen het. Volgens haar het Eduan na die eerste terugval eers twee maande na hy uit die hospitaal ontslaan is, by haar, wat die rehabilitasieproses vergemaklik het siende dat hy goed kon loop en selfs kon bestuur, kon hulle ook baie vinniger sportspesifiek begin werk.

“Maar die feit dat hy onlangs eers ontslaan is en so gou teruggekeer het na Nelspruit, beteken ons het harde werk wat voorlê, maar dit wys eenvoudig net wat se deursettingsvermoeë Eduan het.

Maandag het hy nog baie neurale pyn gehad, spierverswakking-en verkorting maar die neurale pyn het ons onder beheer. Daar is egter nog baie spierwanbalans, veral in sy bolyf. Ons werk op hierdie stadium nog baie subakuut en glad nie sportspesifiek nie – ons doelwitte is dat hy self moet bestuur, fikser word en hy moet homself kan uitleef met die nodige uithouvermoë,” sluit Kruger af.

Eduan bedank graag almal vir hulle gebede, oproepe, eposse en smsse van ondersteuning die afgelope tyd. “’n Mens besef nie altyd hoe groot jou ondersteuingsnetwerk is nie. Selfs my huishulp, Brenda Chiloane is van onskatbare waarde en wil glad nie hê ek moet iets doen nie. My hond Kelcie, dink ek is die blyste dat ek weer by die huis is,” sluit Van der Walt af.

Related Posts

« »