TWEE GROENTJIE AFRIGTERS KOP-AAN-KOP: DIE BLOU BULLE EN WP #PaleToe

Aug 22 • General News, Pale Toe • 2382 Views • Comments Off on TWEE GROENTJIE AFRIGTERS KOP-AAN-KOP: DIE BLOU BULLE EN WP #PaleToe

1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (No Ratings Yet)
Loading...

Artikel deur Simon Riekert #Paletoe!

 Tussen Vier Lyne: hier gee ons ʼn voorskou op die naweek se belangrikste rugby, met die tong in die kies-natuurlik!

Daar is min sportgebeurtenisse wat die verbeelding en die emosies so aangryp as ʼn rugbywedstryd tussen die Noorde en die Suide, oftewel die Blou Bulle en die WP. Dit het die afgelope 75 jaar nie verander nie.

Sedert die dae van Frik du Preez, Mof Myburgh, Morné du Plessis en Naas Botha was dit amper oorlog as die twee spanne mekaar ontmoet op ʼn rugbyveld. In Pretoria was als blou rondom Loftus en by Nuweland kon jy van bokkoms tot ʼn sak nartjies kry-teen ʼn prys natuurlik.

Superrugby het ons kom bederf en tot ʼn groot mate die opwinding van ʼn Noord-Suid wedstryd weggeneem. Dis amper of ons rugby babelas het.

Destemeer sal dit Bul ondersteuners goed doen om wat hul afrigter, Nollis Marais aan die begin van die seisoen gevra het: kom kyk weer rugby.

Die Bulle se mense is maar ʼn sensitiewe spulletjie. As hul span goed speel, is Loftus vol. Speel die Bulls soos hulle die laaste twee seisoene voortgeploeter het in die Superrugby-reeks, loop Fort Loftus leeg.

Suidwaarts is die WP stert in die lug. Hul is die verdedigende Curriebeker kampioene en die streekwenners van die Supertoernooi. Daar is min te kla oor hul rugby en hul ondersteuners weet dit.

Soos sake tans staan in ronde drie van die trotse kompetisie, is dit net die twee spanne wat onoorwonne is, maar met beseerde spelers aan beide kante, gaan dit diep delf kos om as oorwinnaar van die veld te stap.

Die twee groentjie-afrigters Nollis Marais van die Bulle en John Dobson van die WP se eerste ware toets lê voor. WP se staatmaker kaptein Juan de Jongh is beseer en word op kaptein deur Nizaam Carr vervang, maar op papier is dit die WP wat met die ervaring opdaag. Cheslin Kolbe , Jaco Taute, Demetri Cartikilis, Carr, Rynhardt Elstadt en Bongi Mbonambi is almal gesout in Superrugby.

Dobson wil juis die jong flank Chris Cloete op die Bulle loslaat in die laaste kwart van die wedstryd.

Nollis Marais weet egter dat Francois Hougaard ʼn punt het om te bewys, nadat hy uit die Springbokspan gelaat is. Nic Groom sal sy hande vol hê met sy bonkige opponent wat op die aanval een van die mees onvoorspelbare spelers in die reeks is.

Nollis meen dat die sleutel tot die Bulle se sukses in dié twee sinne lê: “wie is die akkuraatste en wie gaan hul geleenthede gebruik.”

“Die span het van ʼn klomp robotte verander na ʼn span wat meer vloeiend begin speel, maar ons het nog ʼn lang paadjie om te gaan. Ons val terug op ou slegte gewoontes as ons moeg raak of in die moeilikheid is, dit moet verander.”

Met ʼn WP span wat uit ervaring vroeg sal wil punte aanteken en met die geneigdheid van die jong Bulle om hul opponente die laaste twee weke juis die kans daartoe te gee, weet beide afrigters waar die doodskoot kan begin.

WP het in 2012 eenkeer tuis gewen 42-6) en eenkeer op Loftus in die jaar verloor (26-13). In 2013 wen WP 29-18 op Loftus en speel gelykop 24-elk op Nuweland. In 2014 wen die WP op Loftus 23-18.

Ons voorspel ʼn riller. Die Bulle se vermoë om van ʼn agterstand terug te kom verlede naweek teen die Griekwas, het bewys dat die jong manne ʼn wen-wil het. Beide spanne se kragte is nog nie regtig getoets nie en met beide se agterlyne wat kan drieë druk, sa die wedstryd bepaal word voorlangs. Tian Schoeman se skopvoet wat die laaste twee wedstryde in die kol was, gaan die drie punte verskil maak aan die einde.

Ons meen dat die Blou Bulle hierdie een met drie punte gaan deurskraap.

 

Spanne:

 

Blou Bulle:  15 Warrick Gelant, 14 Travis Ismaiel, 13 Dries Swanepoel, 12 Burger Odendaal, 11 Jamba Ulengo, 10 Tian Schoeman, 9 Francois Hougaard, 8 Hanro Liebenberg, 7 Roelof Smit, 6 Pieter Labuschagne (captain), 5 Marvin Orie, 4 Jacques du Plessis, 3 Werner Kruger, 2 Bandise Maku, 1 Dean Greyling.
Plaasvervangers: 16 Jaco Visagie, 17 Dayan van der Westhuizen, 18 Rudolph Snyman, 19 Jannes Kirsten, 20 Ivan van Zyl, 21 Louis Fouché, 22 Dan Kriel.

 

Westelike Provinsie: 15 Cheslin Kolbe, 14 Dillyn Leyds, 13 Johnny Kotze, 12 Jaco Taute, 11 Seabelo Senatla, 10 Demetri Catrakilis, 9 Nic Groom, 8 Nizaam Carr (captain), 7 Sikhumbuzo Notshe, 6 Rynhardt Elstadt, 5 Ruan Botha, 4 Jean Kleyn, 3 Wilco Louw, 2 Bongi Mbonambi, 1 Oliver Kebble.
Plaasvervangers: 16 Siyabonga Ntubeni, 17 Alistair Vermaak, 18 Chris van Zyl, 19 Chris Cloete, 20 Jano Vermaak, 21 Kurt Coleman, 22 Huw Jones.

 

Skeidsregter: Craig Joubert
Assistente: Jaco Pretorius, Ricus van der Hoven
TMO: Willie Vos

 

Afskoptyd: 19:10

 

Related Posts

« »