Eerste opwarmingswedstryd Steval Pumas vs Shumba Ferros

Feb 6 • General News, Vodacom Cup • 2448 Views • Comments Off on Eerste opwarmingswedstryd Steval Pumas vs Shumba Ferros

1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (No Ratings Yet)
Loading...

(null)

JW Bell van die Steval Pumas kry die bal weg
Foto: Hennie Homann

WITBANK – Die Hoër Tegniese Skool Witbank en die Shumba Ferros was Donderdagaand die perfekte gasheer vir die Steval Pumas se eerste oefenwedstryd van die jaar. Alhoewel die wedstryd heel eensydig was met 16 drieë in die guns van die Pumas, en die telling nie regtig van belang nie, voel beide afrigtingspanne dat hulle tog iets van die wedstryd weggeneem het om op te kan bou vir die komende seisoen.
“Die telling van 113-0 is nou wel vlyend teen ‘n Mpumalanga klub kampioenspan wat eersdaags aan die Cell C Gemeenskapsbeker gaan deelneem, maar daar was tog ‘n paar punte wat ek en Corné raakgesien het waaraan ons sal moet aandag gee voor ons volgende opwarmingswedstryd volgende week in Pretoria teen die Blou Bulle. Die feit bly staan dat daar tog van die nuwe manne hulle hande hoog opgesteek het om te beïndruk vir daardie gesogte beginspan, maar eerskomende Saterdag sal vir ons egter ‘n beter proeflopie wees,” vertel die Vodacombekerbreier, MJ Mentz.
Vir die rugbygeesdriftiger was dit egter ‘n fees van drieë met JC Roos en jongeling Theo Kruger wat elk twee drieë gedruk het. Roos se skopvoet het ook nie eenkeer sy kol gemis nie.
Die wedstryd het aanvanklik begin met ‘n drie in die eerste twee minute deur die woelwater flank, Marnus Schoeman, waarna die Pumas maar hulle tyd geneem het om ritme te vind. “Dit is duidelik dat ons daardie nodige wedstrydtyd nodig het, maar ons is heel tevrede met die verloop van die res van die aand,” noem Mentz verder.
Uitblinkers vir die afrigtingspan is beslis die nuwelinge soos Jason Colin Fraser (agtsteman) en Marnus Schoeman (flank). Theo Kruger, ‘n o/21 speler het ook gesorg vir opwinding in die aand se spel. Dan het spelers soos Brian Shabangu (flank), Marcello Sampson (vleuel), Wilmaure Louw (senter) en Heinrich Steyl (senter/losskakel) die afrigtingspan se oog gevang. “Natuurlik was dit baie veblydend om te sien dat Eduan van der Walt weer kan speel na meer as ‘n jaar se rehabilitasie en genesing van Guillain–Barré sindroom. Volgens die spandokter, Dr. Kobus Hugo is Van der Walt een van die min Guillain-Barré sindroom lyers wat weer terug gekom het na enige vorm van sport,” noem Mentz.
“In wedstryde soos hierdie is daar altyd ‘n geneigdheid dat die spel los kan raak, maar gistraand het die manne goed kop gehou en grotendeels by die wedstrydplan en die doel van die oefenwedstryd gebly. Ons sien baie uit na die seisoen,”
sluit Mentz af.
Saterdagmiddag sal die Steval Pumas teen die Vodacom Blou Bulle uitdraf in die voorwedstryd van die Super15 stryd tussen noord en suid, die Bulle teen die Stormers.
Puntemakers: Marnus Schoeman, Theo Kruger (2), Eduan van der Walt, Jason Colin Fraser, Bernado Botha, JC Roos
(2), Lambert Groenewald, dewald Pretorius, Wilmaure Louw, Marcello Sampson, Marius Coetzer, Pule Sibiya, Heinrich Steyl en Reynier van Rooyen.

Related Posts

« »