HEYNEKE MEYER VOL HOOP VIR FIKSE BOKSPAN #PaleToe

Jun 29 • General News, International, Pale Toe, Springboks • 2556 Views • Comments Off on HEYNEKE MEYER VOL HOOP VIR FIKSE BOKSPAN #PaleToe

1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (No Ratings Yet)
Loading...

MONTECASINO-JOHANNESBURG

 

SIMON RIEKERT #PALE TOE

 

“Ek sou baie graag ʼn vol span spelers wou gehad het wat fiks en gesond was. Dis die ideaal om mee te begin, maar ek het dit nie. Ek en my afrigtingspan moet die beste doen wat ons kan om spelers gesond en gekondisioneer te kry vir die Castle Lager Rugbykampioenskap. Daarna is dit ons mikpunt om die heel beste groep na die Wêreldbeker toernooi te neem”.

So het Heyneke Meyer aan ʼn volgepakte media afvaardiging vandag in Johannesburg gesê te midde van ʼn lys van 11 spelers wie op die krukkelys is vir tussen twee weke en twee maande.

Meyer en sy spandokter, Dr. Craig Roberts het bevestig dat spelers soos Coenie Oosthuizen, Pieter-Steph du Toit, Jean de Villiers, Duane Vermeulen, Fourie du Preez, Jaque Fourie, Pat Lambie, Cobus Reinach, Heinrich Brussow, Schalk Burger, Lionel Mapoe en Lood de Jager tans verskillende grade van langtermyn besering behandeling ontvang.

Meyer se hoofdoel is steeds om die Wêreldbeker met ʼn groep fikse spelers aan te durf en om dit te vermag, gaan beteken dat hy sy mengsel van jonk en oud goed sal moet laat inspan om speeltyd en selfvertroue te kry.

“Ek het groot respek vir die Super franchises en ek sal hulle nie kritiseer nie. Daar was ʼn paar keer wat hulle ongelukkig was en beserings het sy tol geëis, maar ons sal aan ons kondisionering moet werk.

“Die Superspanne van Nieu Seeland speel teen ʼn ongelooflike pas en die wedstryde word gewen in die laaste 10 minute. Ons spelers is nie fiks genoeg nie as gevolg van die beseringslys en ook nie wedstrydfiks nie. My grootste kopseer is om die spelers topfiks te kry want statistieke wys dat wedstryde gewen word deur die fiksste spanne.

“Ons het nie tyd nie en dis ʼn baie harde kompetisie (die Castle Lager Rugbykampioenskap), ons vlieg oor die hele wêreld en jy kan nie elke dag fiksheid doen nie. Dit beteken dat ek ten volle op my afrigtingspan aangewese is om die heel beste uit die spelers te haal. Ten spyte van die beserings, is die spelers baie positief en daar is geen rede waarom ons nie die Championship en die Wêreldbeker kan wen nie.

“Ons het die ondersteuning van die hele land nodig en die franchises moet ons help om die beseerde spelers terug te bring”.

 

Meyer se die ontnugtering het gekom met die vergelyking waarin die Bokke was ʼn jaar terug: “Toe het niemand gedink ons sal in hierdie posisie wees nie. Ek het al baie afgerig en op baie vlakke en ek het ondervinding om die spelers fiks terug te bring om wedstryde te wen. Dit is egter baie harde werk en almal, die publiek inkluis moet inkoop in die proses”.

Meyer se besluit om Heinrich Brüssow in te sluit in die oefengroep was grootliks aan homself te danke. “Heinrich het my forseer om na hom te kyk en nadat hy van Japan af teruggekom het, was sy spelpeil briljant. Francois Louw is een van die beste oopkant flanke in die wêreld en nie net ʼn bal steler nie. Die nuwe tendens in rugby is dat elke tweede speler moet kan bal steel en die oopkant flank is daar om jou balbesit te beskerm, Marcel is nog nie op daardie peil nie en ook nie Siya (Kolisi) nie. Die kondisies bepaal dat ek op Francois moet reken en indien hy seerkry, sal ʼn man soos Heinrich die werk doen.”

Die Rugbykampioenskap en Curriebeker gaan aan spelers die geleentheid gee om die Wêreldbeker span te haal, volgens Meyer.

“Geen span wat die Rugbykampioenskap gewen het, het in die jaar die Wêreldbekerkompetisie gewen nie. Ons wil dit nie gebruik as ʼn verskoning nie, ons wil beide wen. Ek sal die Rugbykampioenskap moet gebruik as voorbereiding vir die Wêreldbeker. Baie spelers kort kondisionering en sommige het min speeltyd in die bank, so ek sal moet slim kies. Die meeste van die oefengroep sal wedstryd tyd moet kry want daar is geen maklike wedstryd in die Wêreldbeker nie. Skotland, Japan en Amerika is nie maklike wedstryde wat jy kan gebruik om ouens reg te kry nie. Jy moet van die begin af op vorm wees.

“Van die spelers moet aan my bewys dat hulle die step-up kan maak toetsrugby toe. Baie van hulle gaan nie kanse kry nie, hy gaan een kans kry om die 31 te maak wat Wêreldbeker toe gaan en hy sal homself moet bewys.

“Dis nou in hulle eie hande en selfs die ouens wat in die Curriebeker speel het ʼn kans. Die kans is baie goed dat van daardie spelers vanjaar toets rugby gaan speel en dat van hulle Wêreldbeker toe kan gaan. Elkeen weet waaraan hulle moet werk. Elkeen het net so ʼn goeie kans soos die klomp wat hier is.”

Die Springbokke se speelrooster voor die Wêreldbeker lyk só:

 

 

July 2015

11

17:00

South Africa

vs

World XV DHL Newlands, Cape Town RWC Warm-up Test

18

12:05

Australia

vs

South Africa Suncorp Stadium, Brisbane The Castle Lager Rugby Championship

25

17:05

South Africa

vs

New Zealand Emirates Airline Park, Johannesburg The Castle Lager Rugby Championship
August 2015

08

17:05

South Africa

vs

Argentina Growthpoint Kings Park, Durban The Castle Lager Rugby Championship

15

00:00

Argentina

vs

South Africa To be confirmed Castle Lager Outgoing Tour

15

21:05

Argentina

vs

South Africa Buenos Aires RWC Warm-up Test
September 2015

19

17:45

South Africa

vs

Japan Brighton Community Centre, Brighton Rugby World Cup

26

17:45

South Africa

vs

Samoa Villa Park, Birmingham Rugby World Cup
October 2015

03

17:45

South Africa

vs

Scotland St James’ Park, Newcastle Rugby World Cup

07

17:45

South Africa

vs

USA Olympic Stadium, London Rugby World Cup

 

 

 

 

Related Posts

« »