IS DAAR FOUT MET ONS RUGBY SE DISSIPLINE?

Apr 18 • General News, Pale Toe • 2734 Views • Comments Off on IS DAAR FOUT MET ONS RUGBY SE DISSIPLINE?

1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (No Ratings Yet)
Loading...

Artikel deur Simon Riekert # Paletoe

SA Rugby kan nie verwag dat spelers respek vir skeidsregters se beslissing sal hê as dieselfde skeidsregters aan wangedrag skuldig is nie. So ook nie dat die President van die beheerliggaam te velde trek oor sogenaamde onregverdige strawwe teen spelers nie, terwyl sy eie skeidsregters melaats is nie.

 

Die afgelope week of wat was daar gereeld gepraat oor dissipline, of eerder die gebrek daaraan by veral ʼn span soos die Sharks.

Dis ongelukkig so dat ʼn span wie teen die begin van die Superrugby-seisoen as een van die plaaslike gunstelinge uitgesonder is, nou moet veg om die demone van die strafkaarte weg te hou.

Verandering, sedert Jake White daar weg is, was toe nie so ʼngoeie besluit nie en die geskiedenis voor White daar begin afrig het, lyk net so mismoedig. Die franchise het deur vier verskillende afrigters gegaan- John Plumtree, Brendan Venter, White, McLeod-Hendersen en met Gary Gold die vyfde een aan die begin van 2015.

Dis nou reeds ou nuus dat senior spelers die grootste dryfveer was agter die besluit van John Smit om sy vriend na agt maande se sukses, te laat gaan.

Sedertdien het die spelers weer beheer geneem van die Sharks span en waar White die enigste een was wat amptelik namens die franchise gepraat het, gons dit nou soos dit gesels. Die spelers, so is daar berig, was ontevrede met White se dissipline en sy afrigtingstyl en nie met hul sosiale leefstyl geakkordeer nie.

Bismarck, Deysel en Frans Steyn se drie rooi kaarte in drie afsonderlike weke, is die toppunt (dalk die laagtepunt) waarop Gold nie gehoop het nie.

Gold het nie beheer oor die spelers nie, en ter verdediging kan daar genoem word dat hy kort voor die begin van die Superreeks, in Durban aangekom het. Maar dit verhoed nie dat ʼnspan met soveel talent en ervaring hom kon help om ʼn positiewe kultuur te vestig nie.

Dit het nog nooit gebeur in die geskiedenis van ʼn Suid-Afrikaanse unie nie, dat ʼn bestuursbesluit geneem word dat spelers wat hul skuldig maak aan vuilspel en geskors word, nie betaal sal word vir hul afwesigheid nie.

John Smit-hulle het hierdie besluit geneem en sodoende die spreekwoordelike streep in die sand getrek. Of dit die gewenste uitwerking op die spelers en die Sharks gaan hê, is ʼn ope vraag maar die feit bly staan dat daar daadwerklike optrede van die bestuur se kant af was wat lank reeds nodig is. 

Die ondersteuners en die rugbypubliek vereis dit ter wille van die Sharks naam en Suid-Afrikaanse rugby.

As rugby ʼn spel is vir hooligans, gespeel deur gentlemans, wat dan van die skeidsregters?

Dit bring my by die volgende hoofstuk: maar wat van die skeidsregters?

 

“Ontelbaar” was vir my as kind ʼn baie groot getal. Ek kon nooit daarby uitkom nie.

Vandag ook nie, want ontelbare kere word daar gepraat, geredeneer en soms baklei oor die rol van skeidsregters, die invloed wat hulle het op wedstryde en hul interpretasie van die reëls. Ons verwag konsekwentheid in die optrede van die spelers, die afrigters, administrateurs en die skeidsregters, op en van die veld af.

As SANZAR appelleer teen die bevinding van hul eie tugkomitee oor ʼn duikslag, as administrateurs besluit dat spelers wat doelbewus vuil speel finansieel gestraf moet word en as skeidsregters met afrigters beraadslaag oor die verloop van die wedstryd gedurende rustyd, het dit ʼn implikasie op die dissipline van die spel.

Skeidsregters is nie verhewe bo die reëls van die spel nie en as Wêreldrugby (die ou IRB) geloofwaardigheid in die oë van die publiek wil kweek namens hulle en die skeidsregters, dan sal daar konsekwentheid moet wees.

Jaco Peyper wat met Michael Cheika, afrigter van die Waratahsgedurende rustyd praat oor die strafskoptelling tussen sy span en die Blues, is ongehoord en oortree elke reël van die etiese kode van sport. Dit verdien straf soos wat ʼn rooi-of geel kaart aan spelers uitgedeel word en dat hulle voor ʼn tugverhoor gedaag word.

Dit skry ten hemele terwyl Oregan Hoskins gal braak by SANZAR oor ons spelers se strawwe en Andre Watson, bestuurder van Suid-Afrikaanse skeidsregters aangesê word om ʼn griewe verhoor by te woon waarby een van die land se beste skeidsregters, Rasta Rasivhenge  betrokke is.

Dis ook reeds ou nuus dat Rasta en Watson vasgesit het en dat daar ernstige bewerings teen Watson gemaak word rakende sy bestuurstyl en menseverhoudinge en dat hy Rasta blatant sou gevloek het.

Feit bly staan dat hierdie optrede van ‘n senior in skeidsregter kringe, soos die Peyper geval toevallig deur kollegas in die sportwêreld opgetel word. Nóg SANZAR nóg SA Rugby rep ‘nwoord oor hierdie twee here se gedrag.

By navraag aan SA Rugby oor Watson se lot is Pale toe! vertel dat die media beampte van die land se nasionale rugby beheerliggaam “op verlof was en dat hy ook die gerugte in die media gelees het”. Maak dus daarmee wat jy wil: nou ja, ons doen en ons is uitgesproke oor die verwagting dat daar met spelers en beamptes ewe regverdig gehandel word. Nie agter toe deure en onder dekmantels van laer trek soos die Voortrekkers van ouds nie.

Soos Bismarck, Steyn en Deysel ʼn vlaggie agter hul name vir vuilspel begin kry, so gebeur dit met skeidsregters. 

SA Rugby kan nie verwag dat spelers respek vir skeidsregters se beslissing sal hê as dieselfde skeidsregters aan wangedrag skuldig is nie. So ook nie dat die President van die beheerliggaam te velde trek oor sogenaamde onregverdige strawwe teen spelers nie, terwyl sy eie skeidsregters melaats isnie.

As Peyper ʼn sokker of krieket skeidsregter was, was hy en die bestuurspan vandag in groot moeilikheid. Dit het nie gebeur nie en dit gaan ook nie, want die konsekwentheid om wangedrag te straf word nie in rugby toegepas nie.

Oregan Hoskins kan praat tot hy blou in die gesig ismaar totdat daar daadwerklike regverdigheid vir spelers en beamptes toegepas word, sal die rugbypubliek skepties bly oor dissipline en die debat oor regverdigheid nooit einde kry nie.

Soos met die spelers, verwag ons van skeidsregters om die spel van hooligans te respekteer en te promoveer. Dis die minste wat verwag word van ʼn gentleman.

Ons, die rugbypubliek wil taai, regverdige rugby op en van die veld af sien.

Finish en klaar.

 

 

 

 

 

Related Posts

« »