JEAN TERUG IN DIE BOKSPAN- MEYER WAAG MET OUD EN JONK

Jul 8 • General News, International, Pale Toe, Springboks, World Rugby • 2646 Views • Comments Off on JEAN TERUG IN DIE BOKSPAN- MEYER WAAG MET OUD EN JONK

1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (No Ratings Yet)
Loading...

Artikel deur Simon Riekert  #Pale Toe

 

“Dit is wonderlik om te weet dat sy terugkeer sodanig is dat ons hom speelkans van die bank af sal gee Saterdag.

“Die blote feit dat hy weer in vorm is en reg is om te speel is ʼn testament van sy ongelooflike werksetiek en sy professionele benadering tot die spel.

“ Jean het ure en ure se ekstra werk ingesit om tot hier te kom en hy is ’n sprekende voorbeeld vir enige speler se herstelpad”- Heyneke Meyer.

 

Heyneke Meyer gaan Saterdag vir Jean de Villiers geleentheid gee om te bewys dat hy weer gereed is vir Springbokrugby.

Meyer het de Villiers, wat sedert 2014 nog geen rugby gespeel het nie, ingesluit in die Springbokspan wat teen die Wêreld vyftiental uitdraf.

De Villiers het in die wedstryd teen die Walliesers in Cardiff sy knie sodanig beseer dat hy vir meer as sewe maande intensiewe terapie moes ondergaan om sy knieligamente te herstel.

Victor Matfield sal die Bokke aanvoer en Warren Whitely sal sy eerste wedstryd in die Groen-en –Goud hê. Jesse Kriel en Vincent Koch is ook ingesluit in die wedstryd 23-tal.

Heyneke Meyer het gesê dat Jean “’n massiewe bate” vir Suid Afrikaanse rugby is.

“Dit is wonderlik om te weet dat sy terugkeer sodanig is dat ons hom speelkans van die bank af sal gee Saterdag.

“Die blote feit dat hy weer in vorm is en reg is om te speel is ʼn testament van sy ongelooflike werksetiek en sy professionele benadering tot die spel.

“ Jean het ure en ure se ekstra werk ingesit om tot hier te kom en hy is ’n sprekende voorbeeld vir enige speler se herstelpad.

Meyer sê dat de Villiers onder streng toesig sal speel en hy het ook die hulp van die WP Rugbyunie ingeroep om in die Curriebeker opwarmingwedstryde te speel.

“Ons wil hom so veel as moontlik wedstryd tyd gee om hom die geleentheid te gee om sy spel en lyf optimaal te kondisioneer vir internasionale rugby:, het Meyer aan joernaliste by die spanaankondiging in Kaapstad gesê.

Matfield het verlede jaar tydens de Villiers se afwesigheid ook die Springbokke aangevoer.

Meyer meen dat Matfield se ervaring op alle vlakke van kapteinskap die deurslaggewende faktor was om hom vir Saterdag se wedstryd as kaptein aan te wys.

“Matfield is die fiksste voorspeler en hy is in puik kondisie”, het Meyer gesê.

Ruan Pienaar is die visiekaptein en sal saam met Bryan Habana en JP Pietersen die leiding agterlangs neem.

Oor Whitely, Kriel en Koch se insluiting het hy gesê dat hy hulle wil beloon vir hul toewyding tydens die Superrugby-toernooi.

“Ek wil graag sien hoe hulle vaar op hierdie vlak. Superrugby en toetse is wêrelde van mekaar verwyderd en hulle sal nou die geleentheid hê om te bewys of hulle die trappie op kan maak.

“Vincent het baie verbeter en hy het bewys dat spelers van die kleiner unies ook Springbokke kan word.

“Warren is ʼn spesialis agtsteman en hy het groot skoene nodig om in Duane s’n te gaan staan. Ten spyte daarvan dat hy net in twee toetse gespeel het, bring hy sterk leierskap na die span. Hy was ʼn uitstekende leier vir die Emirates Lions hierdie jaar.

“Die rede hoekom ek met Francois Louw en Marcell Coetzee gaan begin is omdat Duane se balsteel-vermoë ʼn groot leemte gaan laat met sy afwesigheid. Beide ons flanke het daardie vermoë om die rol te vervul.

“Jesse het voorheen buitesenter gespeel en het uitgeblink in die posisie vir die Junior Springbokke van 2014. Hy oefen al ʼn geruime tyd saam met ons en hy en Damien de Allende sal ʼn nuwe briesie bring in die middelveld, alhoewel dit ʼn nuwe waagstuk is.

“Ek is opgewonde om te sien hoe Jesse, Damien en Handré Pollard gaan kombineer. Hulle is nog jonk en die sterre vir die toekoms. Hulle sal ʼn ervare agterlyn-trio langs hulle hê Saterdag. Dit is belangrik om ʼn goeie kombinasie van oud en jonk in die span te hê en ons sal aanhou om daarmee te werk.

Meyer het ook genoem dat hy spelers wie herstel het van beserings die afgelope paar maande, in gedagte moes hou.

“Ons moes spelers soos Oupa Mohoje, Cobus Reinach, Pat Lambie en Jean terugbring en ons het besluit nou is die regte tyd.

“Dieselfde geld ander spelers wat terugkeer na beserings. Ons sal hul terugkeer bestuur die volgende paar weke. Ons het nie baie tyd oor voor die Wêreldbeker nie en ons sal slim te werk moet gaan met die manne voordat ons op die vliegtuig London toe is.”

Intussen is bevestig dat die WP-stut Steven Kitshoff vir vier weke sal rus nadat hy sy linkerknie Dinsdag beseer het.

Die Springbokke se spandokter, Dr. Craig Roberts het gesê dat Kitshoff  vir skanderings gestuur was Woensdag wat bevestig het dat hy graad 2-mediale skade aan sy ligamente het. Dit beteken geen spel vir die volgende drie wedstryde nie.

Meyer het bevestig dat Jaque Fourie terug sal keer na Kobe, sy span in Japan om aan sy fiksheid te werk en om wedstryd tyd te kry.

“Jaque het besluit om van die oefengroep te onttrek vir eers, maar ons het besluit dat die deur steeds oop is vir hom om gekies te word vir die Rugby Wêreldbeker in September, as hy benodig sal word”, het Meyer gesê.

 

Die span vir Saterdag teen die Wêreld 15-tal is soos volg:

 

POSISIE      SPELER                                     UNIE                      TOETSE  PUNTE

15

Willie le Roux Toyota Cheetahs

25

35

14

JP Pietersen Cell C Sharks

59

90

13

Jesse Kriel Vodacom Bulls

0

0

12

Damian de Allende DHL Stormers

3

0

11

Bryan Habana Toulon

106

285

10

Handré Pollard Vodacom Bulls

9

65

9

Ruan Pienaar Ulster

80

135

8

Warren Whiteley Emirates Lions

2

0

7

Marcell Coetzee Cell C Sharks

26

30

6

Francois Louw Bath

34

25

5

Victor Matfield (Kaptein) Vodacom Bulls

121

35

4

Eben Etzebeth DHL Stormers

33

0

3

Jannie du Plessis Cell C Sharks

62

5

2

Bismarck du Plessis Cell C Sharks

70

45

1

Tendai Mtawarira Cell C Sharks

64

10

Plaasvervangers:

16

Adriaan Strauss Vodacom Bulls

44

25

17

Trevor Nyakane Vodacom Bulls

13

5

18

Vincent Koch DHL Stormers

0

0

19

Oupa Mohoje Toyota Cheetahs

7

0

20

Schalk Burger DHL Stormers

75

70

21

Cobus Reinach Cell C Sharks

6

10

22

Pat Lambie Cell C Sharks

40

106

23

Jean de Villiers DHL Stormers

106

135

 

Die skeidsregter is John Lacey van Ierland, wat reeds tweekeer teen die Springbokke geblaas het. Beide kere was in 2014, teen Argentinië op Loftus Versveld (SA13- Arg 6) en teen Wallis in Cardiff (SA 6- Wallis 12)

Related Posts

« »