LIONS EN SHARKS: ALS OM VOOR TE SPEEL HIERDIE SATERDAG

Jul 13 • General News, National, Pale Toe, South Africa, South Africa, Springboks, Super Rugby, Super Rugby Fixtures, Super Rugby Logs, Super Rugby News, Super Rugby Results • 1727 Views • Comments Off on LIONS EN SHARKS: ALS OM VOOR TE SPEEL HIERDIE SATERDAG

1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (No Ratings Yet)
Loading...
Die gesogte SuperRugby-trofee ©Frans Lombard/ActionpixSA

Die gesogte SuperRugby-trofee ©Frans Lombard/ActionpixSA

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Simon Riekert-Johannesburg

Saterdag is krities belangrik vir twee Superrugby spanne uit ons eie geledere, die Lions en Sharks.

Die Bulls het die Lions verlede Saterdag ‘n guns gedoen om die Jaguares met 9 punte op Loftus Versveld te wen en sodoende te verhoed dat die Jaguares die top van die plaaslike punteleer inneem.
Swys de Bruin se opmerking vroeer vandeesweek was dat hy gehoor het die Bulls se afrigter sê hulle kom om die Lions te wen en hulle weet hoe die Lions speel, en daarom het hy die beste span gekies wat beskikbaar is.
Na Saterdag kan die Lions, afhangende van hul eie sukses en die van ander spanne wat ook in die wedloop is, of tweede op die algehele punteleer wees of sewende. Dit gedagte is kort-kort in Swys se agterkop, maar hulle verkies om dit om nie die span daarmee te vermoei nie; “ons wil fokus op die wedstryd en ‘n proses en nie op ‘n uitslag nie.”
“Die Bulls is ‘n span wat verander het en hulle kom met ‘n andersoortige benadering, maar ons fokus op ons taak, hulle het goeie jong spelers, maar ons het ook jong spelers wat ‘n verskil kan maak.”
“Ons verwag dat hulle weer met opskiet verdediging sal kom wat hul opponente se aanvalle kelder, maar ons het ‘n plan of twee daarvoor gemaak.”

De Bruin is filosofies oor die span se vroeë vertonings; “ daar was wedstryde wat ons moes gewen het en laat glip het, dit is sport, jy’s nie ewe skielik ‘n slegte span nie, dis soos Roger Federer wat teen Kevin Anderson verloor het of die Kroate wat die Engelse geklop het, dit is sport. Jy mag dalk op Facebook ‘n swak span wees, maar vir my is dit hoe sport werk.”

Oorkant die Jukskei is die Bulls se afrigter egter met ‘n nugterheid gekonfronteer; waar sy opponente se sleutelspelers weer fiks is na beserings, loop die Bulls deur.

Courtnall Skosan is gekies in pleks van Aphiwe Dyantyi en Nic Groom speel in die nommer 9 trui in plaas van Ross Cronje.

Die Bulls se Springbok losskakel, Handre Pollard is beseer en die gereelde kaptein Burger Odendaal het nog nie van ‘n kuitbesering herstel nie, maar John Mitchell was sigbaar verlig om aan te kondig dat Travis Ismaiel weer terug en fiks is. Die kapteinskap word oorgeneem deur die Springbokslot, RG Snyman.

Mitchell verwag dat die Lions soos vroeër vanjaar, weer met hul rolmaalbewegings gaan kom, maar daarenteen verwag de Bruin dat die Bulls met teiken skopwerk gaan aanval.

Hoe dit ook al sy, die Lions het ‘n giftige agterlyn en die Bulls sal hulle balbesit wil ontneem, soos wat hulle getoon het in die wedstryd teen die Jaguares verlede naweek.
Die wedstryd het al die elemente in van ‘n trans-Jukskei derby en indien die jong Bulspan nie gaan verras nie, sal die Lions staatmaak op die motivering om die top van die plaaslike punteleer in te neem. Daarvoor sal die partydige Lions ondersteuners sorg.

Lions – 15 Andries Coetzee, 14 Ruan Combrinck, 13 Lionel Mapoe, 12 Harold Vorster, 11 Courtnall Skosan, 10 Elton Jantjies, 9 Nic Groom, 8 Warren Whiteley (k), 7 Cyle Brink, 6 Kwagga Smith, 5 Franco Mostert, 4 Marvin Orie, 3 Ruan Dreyer, 2 Malcolm Marx, 1 Jacques van Rooyen.
Plaasvervangers: 16 Corne Fourie, 17 Johannes Jonker, 18 Jacobie Adriaanse, 19 Lourens Erasmus, 20 Marnus Schoeman/Hacjivah Dayimani, 21 Ross Cronjé, 22 Aphiwe Dyantyi, 23 Howard Mnisi/Shaun Reynolds.
Bulls – 15 Warrick Gelant, 14 Travis Ismaiel, 13 Jesse Kriel, 12 Johnny Kotze, 11 Jamba Ulengo, 10 Manie Libbok, 9 Ivan van Zyl, 8 Hanro Liebenberg, 7 Thembelani Bholi, 6 Marco van Staden, 5 RG Snyman (k), 4 Jannes Kirsten, 3 Conraad van Vuuren, 2 Jaco Visagie, 1 Pierre Schoeman.
Plaasvervangers: 16 Johan Grobbelaar, 17 Matthys Basson, 18 Mornay Smit, 19 Ruan Nortje, 20 Nick de Jager, 21 Embrose Papier, 22 Boeta Hamman, 23 Divan Rossouw.

Afskoptyd: 15:05
Emirates Airline Park Johannesburg

Die tweede plaaslike wedstryd van belang vir Suid Afrika, Saterdag is die een tussen die Sharks en die Jaguares in Durban.
Die Sharks was vanjaar die wipplankryers van die seisoen. Neem nou maar verlede naweek se verloor teen die Stormers, wat hul kanse op ‘n uitspeelwedstryd byna vernietig het.
As jy nou van ‘n lotery in kanse wil praat, is dit hierdie een voor die Sharks Saterdag opdraf: Die Sharks moet hoop die Highlanders wen die Rebels, dan is die Sharks by die agterdeur in. As die Lions die Bulls vroeër Saterdag wen, sal die Jaguares weet dat hulle kans op die top posisie in die SA konferensie, neusie verby is.

Die Jaguares het laas naweek ‘n duur les geleer, naamlik dat hulle te veel in die spel was teen die Bulls op die dun lug van die hoëveld en dat hulle letterlik van hul voete af gespeel is deur ‘n jong Bulls span wat nie wou gaan lê nie.
Nat weer word voorspel vir die naweek in Durban en dit mag hulle laat besluit om hul spel te konsolideer.

Die tuisspan speel sonder hul staatmaker Springbok vleuel, S’bu Nkosi maar Beast Mtawarira is weer reg om te begin en in die skrums is die statistieke byna gelykop vir albei spanne, met meer as 80% sukses onderskeidelik.
Die Jaguares het die vorige keer toe hulle Durban besoek het, met 29-13 gewen. Die Sharks het al sewe van hul tuiswedstryde tot dusver gewen.
Een voordeel waarna die spanne kan uitsien, is dat hulle deeglik bewus sal wees van hul onderskeie posisie voor die wedstryd. Dit sal beide spanne se ingesteldheid tot die wedstryd bepaal.
Terwyl die Jaguares van hul eersterangse spelers laat rus, mag dit dalk net op ‘n nat veld die regte ding wees vir die tuisspan om te seëvier.

Sharks – 15 Curwin Bosch, 14 Kobus van Wyk, 13 Lukhanyo Am, 12 Andre Esterhuizen, 11 Lwazi Mvovo, 10 Robert du Preez, 9 Louis Schreuder, 8 Daniel du Preez, 7 Jacques Vermeulen, 6 Philip van der Walt, 5 Ruan Botha (k), 4 Tyler Paul, 3 Thomas du Toit, 2 Akker van der Merwe, 1 Tendai Mtawarira
Plaasvervangers: 16 Chiliboy Ralepelle, 17 Juan Schoeman, 18 John-Hubert Meyer, 19 Hyron Andrews, 20 Wian Vosloo, 21 Cameron Wright, 22 Marius Louw, 23 Makazole Mapimpi.
Jaguares – 15 Ramiro Moyano, 14 Bautista Delguy, 13 Matias Moroni, 12 Bautista Ezcurra, 11 Sebastian Cancelliere, 10 Joaquín Díaz Bonilla, 9 Martin Landajo, 8 Juan Manuel Leguizamón, 7 Marcos Kremer, 6 Pablo Matera (k), 5 Tomas Lavanini, 4 Matias Alemanno, 3 Santiago Medrano, 2 Julian Montoya, 1 Javier Diaz.
Plaasvervangers: 16 Agustin Creevy, 17 Santiago Garcia Botta, 18 Nahuel Tetaz Chaparro, 19 Guido Petti, 20 Javier Ortega Desio, 21 Gonzalo Bertranou, 22 Nicolas Sanchez, 23 Emiliano Boffelli.

Afskoptyd 17:05
Durban

Related Posts

« »