Puma toon verbetering na ernstige siekte hom weer plattrek

Jun 18 • General News, Vodacom Cup • 6469 Views • Comments Off on Puma toon verbetering na ernstige siekte hom weer plattrek

1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (No Ratings Yet)
Loading...

_KM46175

 

“Sy gemoed is sterk en hy is vasbeslote dat hy weer ten volle gaan herstel.” Só het die spandokter van die Steval Pumas, dr. Kobus Hugo Donderdag vertel oor die toestand van die slot, Eduan van der Walt.

Die 27-jarige wat sedert Vrydag 5 Junie in die Netcare Unitas Hospitaal in Pretoria is, kan binnekort van die hoësorgeenheid na ‘n gewone saal oorgeplaas word.

Hugo het verder gesê dat Van der Walt al 20 minute op sy eie kan regop sit en dat sy rompspiere daagliks sterker word. “Dit gaan regtig baie goed met Eddie. Hy kan al goed met sy hande optel en kan selfs sy linkerbeen buig. Sy gesigspiere is nog effens swak, maar daar is beslis ‘n groot verbetering.”

Die Puma is die middag opgeneem nadat hy van erge spierswakheid gekla het. Hy word weer vir die Guillain-Barré-sindroom behandel. Van der Walt is in November 2012 vir dieselfde rede in die hospitaal opgeneem.

Related Posts

« »