Voormalige Puma-breier droom steeds van Superrugby-pos

Jun 18 • General News, South Africa, Super Rugby • 2596 Views • Comments Off on Voormalige Puma-breier droom steeds van Superrugby-pos

1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (1 votes, average: 5.00 out of 5)
Loading...

Skrywer: Carli Koch

Jimmy Stonehouse, hulpafrigter van die Toshiba Brave Lupus in Japan, sê een of twee unies het hom genader om weer in Suid-Afrika te kom afrig.

Skaars nadat seker een van ons land se beste afrigters sy brood en botter elders gaan verdien het, is daar heelwat afrigtingsposte in SA beskikbaar.

“Of ek die pos in Japan sou aanvaar het indien die poste daardie tyd beskikbaar was, is moeilik om te antwoord.

Dit sou beslis ‘n groot rol gespeel het omdat die unies weet ek wil graag ‘n Superrugbyspan afrig.”

Die voormalige breier van die Steval Pumas het Woensdag genoem dat hy sy naam in die hoed vir die Haaie, Bulle en OP Kings-pos gegooi het. Die span van Port Elizabeth ding volgende jaar weer aan die gesogte reeks mee. “Ek het niemand daarvan gesê nie. Die media het my geskakel. Ek het ‘n oproep van ‘n unie of twee ontvang wat wou weet of ek sou belangstel.

Alhoewel ek ‘n tweejaar-kontrak in Japan het, is alles onderhandelbaar.”

Stonehouse kom Augustus vir die eerste keer sedert April terug na Suid-Afrika.

“Dit gaan baie goed met my. Ek het maklik aangepas en geniet dit hier, maar ek mis my land, my mense en my taal.”

Die 51-jarige vertel verder dat hy ‘n paar spelers van Nieu-Seeland en Australië wat in vorige Rugbywêreldbekers gespeel het, afrig wat die taalsituasie makliker maak, maar dit bly steeds ‘n uitdaging.

“Ek gaan twee keer per week vir taallesse, maar dit is ‘n probleem. Die spelers het ‘n goeie werksetiek, handhaaf goeie dissipline en is nooit laat vir oefening nie,” lag Stonehouse. Hy het boonop in 2013 die beker vir afrigter van die jaar vir sy prestasies verower – sy span het 25 uit die 28 wedstryde wat hulle gespeel het, gewen en die SA Presidente-span wat ook deur hom afgerig is, was onoorwonne in die Tbilisi-beker.

Related Posts

« »