Van Wyk nie deel van Pumas se 22-tal nie

Sep 3 • General News • 2471 Views • Comments Off on Van Wyk nie deel van Pumas se 22-tal nie

1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (No Ratings Yet)
Loading...

Carli Koch

Die slot, Marius Coetzer is nie deel van die beginspan wat Saterdag teen die Toyota Vrystaat Cheetahs in Bloemfontein uitdraf nie alhoewel hy in sy 80ste wedstryd speel. Die kragmeting skop om 15:00 by die Bloemfontein Stadion af.
Die blondekop, Renaldo Bothma speel in sy 50ste wedstryd vir die Pienkes.
Die enigste verandering aan die Steval Pumas se 22-tal is die insluiting van Hennie Skorbinski as senter op die plaasvervangersbank. Dié voormalige Pukke Varsitybeker-speler vervang die Leeus se Super Rugby-speler, Coenie van Wyk .
Stefan Watermeyer wat met sy handgewrig na die afgelope naweek se wedstryd teen die CELL C Sharks gesukkel het, is fiks verklaar.
Die skrumskakel Faf de Klerk sal eers oor vier tot vyf weke begin oefen terwyl Rudi Mathee eersdaags na die veld terugkeer.
Die Pumas wat teen die Cheetahs uitdraf:
15. JW Bell
14. Trompie Pretorius
13. JW Jonker
12. Stefan Watermeyer
11. Rosko Specman
10. Justin van Staden
9. Dylan Frylink
8. Renaldo Bothma
7. Uzair Cassiem
6. Corné Steenkamp
5. Frikkie Spies
4. Giant Mtyanda
3. Vincent Koch
2. Francois du Toit
1. Corné Fourie
Plaasvervangersbank – Frankie Herne, DeJay Terblanche, Marius Coetzer, Jaco Bouwer, Raynier van Rooyen, JC Roos, Hennie Skorbinski.

Photo: Hennie Homann

Related Posts

« »