WAAROM DUANE VERMEULEN IN DIE BEGINSPAN VAN DIE SPRINGBOKKE MOET WEES

Mar 27 • General News, Pale Toe • 3074 Views • Comments Off on WAAROM DUANE VERMEULEN IN DIE BEGINSPAN VAN DIE SPRINGBOKKE MOET WEES

1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (No Ratings Yet)
Loading...

Artikel deur Simon Riekert

Foto: Anton Geyser

Ek hou van Brendan Venter. As speler was hy een van rugby se harde manne. Hy het hard groot geword, hard gestudeer en hard rugby gespeel. Venter was plaasvervanger vir James Small in die seëvierende Springbokspan van 1995 en het uitgeblink op senter.

Hy beskryf homself as ʼn analitiese speler en afrigter en dat sy mediese studies hom geleer  het dat daar dinge is wat jy nooit sal kan verander nie, ten spyte van jou toewyding, kennis en harde werk.

“Soms is daar veranderlikes wat jy nooit sou kon voorspel nie”.

Vandag is hy ʼn suksesvolle mediese dokter en afrigter by die Sharks.

Venter skryf gereeld oor rugby en hoe hy die spel analiseer.

Onlangs skryf hy oor die ouderdom van die topspelers, hier en oorsee en wat moontlik kan gebeur in die Wêreldbeker later vanjaar, veral as ons ag slaan op ons Europese teenstanders.

Baie van ons, ek inkluis, het maar min aandag gegee aan wat aangaan in Europa. Ierland het Skotland met 40-10 verslaan en so in die proses met ʼn 26-punt verskil, die Sesnasies titel gewen. Hulle was die laaste drie jaar elke keer die naaswenners.

Vanjaar se IRB se Wêreldbeker toernooi begin op 18 September in Engeland en die Springbokke is geloot in poel B saam met Samoa, Japan, Skotland en die VSA.

Nieu Seeland, Argentinië, Tonga, Georgië en Namibië is in poel C.

Die Sesnasies kampioen is in poel D, saam met Frankryk, Italië, Kanada en Roemenië en die Engelse speel in dieselfde groep as Australië, Wallis, Fidji en Uruguay.

Suid-Afrika se verouderde Springbokspan, sê Venter gaan les opsê teen ʼn fikser, jonger en meer beweeglike Ierland, Skotland, Engeland en Wallis. Die toernooi het 221 punte opgelewer met 27 drieë wat spreek van alles behalwe vaal, lustelose 10-man rugby.

Hy neem ook die weersomstandighede in die vroeë Europese lente in ag, maar het dit veral teen Heyneke Meyer se keuse om by ouer, swaarder en groter spelers te bly. Bal-in-hand aanvalle en lemmetjieskerp verdediging was aan die orde van die dag in Europa en ons spelers het nou nie juis so die oog gevang in die November toer na die Noordelike halfrond nie.

Venter raak ʼn kontroversiële aspek aan in sy blog as hy daarna verwys dat jonger spelers al hoe meer speeltyd kry. Suksesvolle spanne se spelers is jonger, desnoods sterker en vinniger en het meer wedstrydervaring.

As Venter hier ʼn punt beet het, sal dit loon om appels met appels te vergelyk. Bakkies Botha, Juan Smit, Fourie du Preez en  Gurthrö Steenkamp het almal hul stewels opgehang en jong spelers is die geleentheid gegee om hul staal te wys. Dit sluit spelers soos Trevor Nyankane, Marcell van der Merwe, Julian Redelinghys,  Frans Malherbe, Oosthuizen, Kolisi, Arno Botha, Oupa Mohoje, Duane Vermeulen, Jaco Kriel, Warren Whiteley, Reinach, Piet van Zyl, Pollard, Goosen, De Alllende, Serfontein, JJ Engelbrecht, Mvovo,Hendriks, Nizaam Carr en Willie le Roux in.

ʼn Jong stut soos die WP se Steven Kitshoff het reeds 50 Super rugby wedstryde gespeel en is maar 23 jaar oud. Hy skuur beslis skouers met Beast Mtwarira en Nyakane vir ʼn plek in Meyer se Bokgroep.

Matfield op 37 is dalk nog ʼn faktor in die lynstane, maar het beslis stadiger geword op aanval en verdediging en hy dra nie meer die bal so suksesvol oor die voordeellyn nie. Pieter-Steph du Toit blaas hard in sy nek vir die nommer 5-trui vir al hierdie redes

Dieselfde geld vir Jean de Villiers wat op binnesenter die plek blok vir ʼn jong Damien de Allende.

Pierre Spies het blykbaar die wedloop teen Duane Vermeulen verloor. Spies is reeds twee of drie seisoene gelede ʼn skaduwee van die speler wie hy eens was. Hy hoort nie in ʼn Wêreldbeker Springbokspan nie.

Die Bokke se aartsvyand, die All Blacks is nie dieselfde pyne gespaar nie. Dan Carter en Ritchie Mc Caw is nie meer die spelers van ouds nie en alhoewel Carter deur Beauden Barrett of Aaron Cruden vervang sal word in die beginspan, is spelers soos Ali Williams, Corey Flynn, Andrew Hore, Brad Thorn, John Afoa, Adam Thomson, Jimmy Cowan en Piri Weepu nie meer deel van die All Blacks se Wêreldbeker planne nie.

Sal dit Heyneke Meyer deug om soos die Engelse afrigter, Stuart Lancaster ʼn meer gebalanseerede span vol ervaring en jeug te kies?

Net die tyd sal leer, maar al hoe meer gesaghebbendes van die rugbywêreld glo dat die Springbokke se beste kans vanjaar nie met ervaring alleen lê nie, maar eerder om die jong talent geleentheid te gee om in Europese toestande ʼn aanslag om die wêreldkroon te maak.

Venter het na 26 toetse op 29 jaar uitgetree. Matfield het op 37 reeds in 121 toetse gespeel, en hy sal vir seker in Meyer se Bokgroep wees.

Om die debat verder te voer, het ek hierlangs ʼn lys geplaas van spelers wat vir die spesifieke posisies oorweeg kan word.

 

Uiteraard is die lys nie volledig nie…

 

 

  1. B Mtwarira, T Nyakane en Kitshoff
  2. A Strauss, A van der Merwe, B du Plessis, S Ntubeni
  3. J du Plessis, M van der Merwe, W Koch en J Redelinghuys
  4. E Etzebeth, F van der Merwe
  5. Matfield, Pieter-Steph du Toit en Lood de Jager
  6. F Louw, M Coetzee, D Stegmann, H Brussow en J Kriel
  7. W Alberts, O Mohoje, S Kolisi, N Carr, S Burger, A Botha
  8. D Vermeulen, A Botha en W Whiteley
  9. R Pienaar, F du Preez, C Reinach en F Hougaard

10. H Pollard, Lambie en J Goosen

11. Habana, Mvovo

12. Jean de Villiers, De Allende, F Steyn, JJ Engelbrecht

13. Serfontein, F Steyn, Pietersen

14. S Senatla, Sithole, C Hendriks

15. J Kriel, W le Roux

Related Posts

« »