WARM RUGBY VIR DIE KOUE NAWEEK #PaleToe

Sep 4 • General News • 2338 Views • Comments Off on WARM RUGBY VIR DIE KOUE NAWEEK #PaleToe

1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (No Ratings Yet)
Loading...

Artikel deur SIMON RIEKERT

Tussen Vier Lyne: #PaleToe se voorskou oor die naweek se Curriebeker rugby, vandeesweek met ‘n blikbeker vol OBS…

 

Rondte 5 van die Absa Curriebeker breek vanaand aan wanneer die Blou Bulle die Cheetahs vir die tweede keer in vanjaar se kompetisie die stryd aanse.

Nollis Marais se Blou span het reeds hul stem dik gemaak en gewys dat hierdie span uit Pretoria stewig op pad is eindstryd toe. Die Bulle is tans onoorwonne en het ‘n stewige gemiddeld van 46 wenpunte per wedstryd tot dusvêr opgestapel teen die Cheetahs, Griekwas (twee keer) en die WP. Vanaand pak hulle die Cheetahs vir die tweede keer en die besoekers sal wil vergoed vir die eerste wedstryd se loesing van 57-19, alhoewel die insluiting van Clayton Blommetjies, Sergeal Pietersen en Rayno Benjamin selfvertroue sal bring. Ons meen die Blou Bulle sal hierdie een met 10 punte wen. Afskoptyd is 19h10 op Loftus Versveld en dis lekker om Rasta Rasivhenge weer terug te verwelkom met die fluitjie.

Blou Bulle: 15 Warrick Gelant, 14 Travis Ismaiel, 13 Dries Swanepoel, 12 Burger Odendaal, 11 Jamba Ulengo, 10 Tian Schoeman, 9 Francois Hougaard, 8 Arno Botha, 7 Roelof Smit, 6 Lappies Labuschagne (k), 5 Marvin Orie, 4 Jacques du Plessis, 3 Marcel van der Merwe, 2 Bandise Maku, 1 Pierre Schoeman. Bank: 16 Jaco Visagie, 17 Dayan van der Westhuizen, 18 RG Snyman, 19 Jannes Kirsten, 20 Ivan van Zyl, 21 Louis Fouché, 22 Jan Serfontein.

Vrystaat Cheetahs: 15 Clayton Blommetjies, 14 Sergeal Petersen, 13 Francois Venter, 12 Rayno Benjamin, 11 Raymond Rhule, 10 Fred Zeilinga, 9 Shaun Venter, 8 Niell Jordaan, 7 Henco Venter, 6 Gerhard Olivier, 5 Francois Uys (k), 4 Armandt Koster, 3 LuandeBruin, 2 ElandréHuggett, 1BGUys. Bank:16 Jacques du Toit, 17 Caylib Oosthuizen, 18 Reniel Hugo, 19 Oupa Mohoje, 20 Freddy Ngoza, 21 Ruan van Rensburg, 22 Sias Ebersohn.

Met die oorbodige Springbokke terug in die Curriebeker spanne vandeesweek, sal die Sharks moed skep agterlangs met Cobus Reinach se terugkeer. Hierdie kookwater skrumskakel wat ongelukkig is om nie Wereldbeker toe te gaan nie is vir die eerste keer terug in die beginspan. Die Pumas reis Durban toe en sal wil bewys dat hulle een van die vondse van die seisoen is nadat hulle die Sharks in die openingsrondte geklop het. Die tuisspan het baie om te bewys en hul afrigter Gary Gold meen dat ‘n goeie wen teen die Pumas, Saterdag net die reget medisyne is. Die Sharks behoort hierdie wedstryd met 5 punte te wen. Afskoptyd is Saterdag 15:00.

Sharks – 15 Joe Pietersen, 14 Wandile Mjekevu, 13 Paul Jordaan, 12 André Esterhuizen, 11 S’bura Sithole, 10 Lionel Cronjé, 9 Cobus Reinach, 8 Philip van der Walt, 7 Dan du Preez, 6 Francois Kleinhans, 5 Marco Wentzel (k), 4 Etienne Oosthuizen, 3 Gerhard Engelbrecht, 2 Monde Hadebe,1 Dale Chadwick. Bank: 16 Kyle Cooper, 17 Thomas du Toit, 18 JC Astle, 19 Jean-Luc du Preez, 20 Stefan Ungerer, 21 Heimar Williams, 22 Garth April.

 

Pumas – 15 JW Bell, 14 Bernardo Botha, 13 Hoffman Maritz, 12 Stefan Watermeyer, 11 Rosko Speckman, 10 JC Roos, 9 Faf de Klerk, 8 Jason Colin-Fraser, 7 Uzair Cassiem, 6 Jaco Bouwer, 5 Marius Coetzer, 4 Rudi Mathee, 3 Vincent Koch, 2 Jacques Momberg, 1 Corné Fourie. Bank: 16 Francois du Toit, 17 De-Jay Terblanché, 18 Khwezi Mona, 19 Giant Mtyanda, 20 Marnus Schoeman, 21 Justin van Staden, 22 Jerome Pretorius.

Die WP, verdedigende kampioen kou tot dusvêr harde bene met drie van die laaste vier weg-wedstryde en tweekeer se verloor teen die Bulle en die Cheetahs. Griekwas lyk elke wedstryd na die ou beenbreker maar kan dit nie volhou vir 80 minute nie. Die tuisspan behoort vandeesweek plekke op te maak op die punteleer met die terugkeer van Steven Kitshoff en hul kaptein Nizaam Carr voorlangs en Nic Groom op skrumskakel. WP behoort hierdie een met ten minste 12 punte te wen op hul tuisveld. Afskoptyd is 17h05 Saterdag.

Westelike Provinsie – Cheslin Kolbe, 14 Kobus van Wyk, 13 Johnny Kotze, 12 Jaco Taute, 11 Seabelo Senatla, 10 Kurt Coleman, 9 Nic Groom, 8 Nizaam Carr (k), 7 Rynhardt Elstadt, 6 Chris Cloete, 5 Ruan Botha, 4 Jean Kleyn, 3 Wilco Louw, 2 Scarra Ntubeni, 1 Steven Kitshoff. Bank: 16 Bongi Mbonambi, 17 JP Smith, 18 Chris van Zyl, 19 Jurie van Vuuren, 20 Godlen Masimla, 21 Rob du Preez, 22 Dillyn Leyds.

Griekwas – 15 Riaan Viljoen, 14 Sandile Ngcobo, 13 Jonathan Francke, 12 Clinton Swart, 11 Ruhan Nel, 10 Francois Brummer, 9 Tian Meyer (k), 8 Carel Greeff, 7 RJ Liebenberg, 6 Hilton Lobberts, 5 Hugo Kloppers, 4 Jaco Nepgen, 3 Stephan Kotze, 2 Martin Bezuidenhout,1 Steph Roberts. Bank: 16 AJ Le Roux, 17  Danie Mienie, 18 Ewald van der Westhuizen, 19 Jonathan Adendorf, 20 Leon Karemaker, 21 Gouws Prinsloo,  22 Jacquin Jansen

Die naweek se laaste wedstryd vind plaas tussen die Goue Leeus en die OP Kings op Emirates Park in Johannesburg. Die Leeus is tans onoorwonne, soos hul Gautengse bure die Blou Bulle en verdienstelik op die bopunt van die punteleer. Johann Ackermann het ‘n paar rotasieskuiwe gemaak nadat daar tot so onlangs soos Donderdag nog onsekerheid was of die wedstryd wel sou voortgaan nadat die Kings gedreig het met ‘n staking oor ‘n vergoedingsgeskil. Die Kings het reeds gewys dat hulle goeie hardlooprugby kan speel maar met die onmin in die kamp, sal wag-en-kyk die leuse wees voor Saterdag-aand se wedstryd. Die Leeus behoort hierdie een met 15 punte te wen en afskoptyd is 19h10.

Goue Leeus – 15 Andries Coetzee, 14 Ruan Combrinck, 13 Stokkies Hanekom, 12 Howard Mnisi (k), 11 Anthony Volmink, 10 Jaco van der Walt, 9  Lohan Jacobs, 8 Kwagga Smith, 7 Fabian Booysen, 6 Stephan de Wit, 5 Martin Muller, 4 MB Lusaseni, 3 Julian Redelinghuys, 2 Malcolm Marx 1 Jacques van Rooyen. Bank: 16 Robbie Coetzee, 17 Ruan Dreyer, 18 Lourens Erasmus, 19 TBA, 20 Ricky Schroeder, 21 Marnitz Boshoff, 22 Jacques Nel.

OP Kings – 15 Hansie Graaff, 14 Siyanda Grey, 13 Ronnie Cooke, 12 Tim Whitehead (k), 11 Sylvian Mahuza, 10 Karlo Aspeling, 9 Dwayne Kelly, 8 Paul Schoeman, 7 Stefan Willemse, 6 Thembelani Bholi, 5 Cameron Lindsay, 4 Tazz Fuzani, 3 Simon Kerrod, 2 Edgar Marutlulle , 1 Lizo Gqoboka. Bank: 16 Michael van Vuuren, 17 Basil Short, 18 Cornell Hess, 19 Eital Bredenkamp, 20 Enrico Acker, 21 Elgar Watts, 22 JP du Plessis.

Foto: Anton Geyser

 

Related Posts

« »