FLANKE WAT SPEEL MET DIE NOMMER “6” #PaleToe

Mar 20 • General News, Pale Toe • 4169 Views • Comments Off on FLANKE WAT SPEEL MET DIE NOMMER “6” #PaleToe

1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (No Ratings Yet)
Loading...

Artikle: Simon Riekert

Foto: Gerhard Steenkamp

Die flank posisie is baie rugbykykers se gunsteling, vir verskillende redes. Afrigters sal sweer by die feit dat sy flanke die mees talentvolle spelers op die veld is. Vandag se flanke moet soos demone kan duik, eerste by die afbreekpunt wees, die perfekte skakel tussen voor-en agterspelers wees en die spasies op die veld kan lees soos ‘n losskakel. As hy nog ‘n goeie ranker is in die lynstaan, is die speler sy gewig in goud werd en sy hande moet ‘n bal kan toevou.

Noem maar op; Juan Smit, Schalk Burger (jnr.), Jan Ellis, Piet Greyling, Willem Alberts, Rassie Erasmus, Ruben Kruger, Theuns Stoffberg, Rob Louw, Corné Krige, Andre Venter, Danie Rossouw, Marcell Coetzee en die lys hou aan en aan.

Suid-Afrika se heel bekendste en in teendeel, een van die beste flanke in wêreldrugby was Francois Pienaar.

Teen 1,91 meter in sy sokkies en die skaal op 105kg was Pienaar op sy beste vorm, ‘n werkesel en ‘n groot hulp in die lynstane.

Gooi die All Black Ritchie McCaw saam in die pot en jy het ‘n bredie van die beste flanke ooit. Teen 1.87m en met die skaal op 103kg is hy een van die beste flanke wat nog ooit die afbreekpunte gedomineer het. Sy temperament om die spel te lees en met moord weg te kom op die onkantlyne, is veel besproke.

Twee top Suid-Afrikaanse oopkantflanke wie tans in die fleur van hul loopbane is, kon net so wel familie gewees het as jy liggaamsbou en spelpatroon vergelyk.

Heinrich Wilhelm Brűssow en Deon Stegmann is een van die mees suksesvolste oopkant flanke wat nog gespeel het. Tog sal hulle eerder hul onderskeie provinsiale kleure aantrek as die Groen-en-Goud, juis as gevolg van hul spelpatroon en liggaamsbou.

Brűssow speel reeds van 2004 af vir die Vrystaat, eers as Craven week speler en in 2006 vir die senior span. In 2007 maak hy sy Superrugby debuut vir die Vrystaat en in 2009 vervang hy die beseerde Schalk Burger in die Springbokspan teen die Britse en Ierse Leeus in Durban.

Só indrukwekkend was sy debuut dat sy bal steel vaardighede en ratsheid by die afbreekpunte gemaak dat hy ‘n drie druk na ‘n goeie losgemaal. Sy berugte omkeerbesit maak hom ‘n teiken vir die All Blacks, en hy word benoem as man van die wedstryd op 25 Julie 2009.

Heinrich is in dieselfde jaar as Deon Stegmann gebore, 1986. Hy is 1.81m lank en weeg op sy fiksste 101kg.

Hy het onlangs teen die Sharks gewys dat hy nog baie vonk en vuur het om sy reputasie gestand te doen.

Dit was tewens die einste reputasie wat hom kontroversieel uit die Bokspan van 2014 teen ‘n Wêreld XV-tal gehou het. Heyneke Meyer se reputasie om groot en lank met kort en vinnig te vervang, het hom die argwaan van die publiek besorg toe hy Brüssow eers insluit in sy 32-man groep, net om hom soos ‘n warm patat te los en hom nie te kies vir die Springbokspan nie..

Meyer is beskryf as ‘n tweede Jake White, wie van fetchers gepraat het as iemand om ‘n koue bier uit die yskas te gaan haal.

Maar dit staan als nou opgeteken in die geskiedenis. Meyer het eerder op Francois Louw besluit. Nick Mallet, afrigter van die Wêreld XV-tal, het destyds skalks gesê dat hy na Brüssow gesoek het, net om te verneem dat Meyer hom ingesluit het in die oefengroep nadat hy van Mallet se idee te hore gekom het.

Hoe dit ook al sy, Brüssow is terug by sy geliefde Cheetahs en speel weer ‘n barshou.

Deon Stegmann se Springbok vooruitsigte lyk net so mistroostig.

Meyer, soos ons weet, hou van die grotes: Duane Vermeulen (1.94m en 118kg),

 

Willem Alberts (1.92m en 120kg).

Gideon Johannes Stegmann is 1.81 m lank en weeg 101kg en is soos Brüssow, ‘’n tipiese fetcher.

Deon speel sedert 2004 saam met Heinrich Brüssow en Richardt Strauss as lostrio vir die Vrystaat se Craven week span. Die Blou Bulle het hom in 2005 Pretoria-toe gelok en sedertdien speel hy sy Curriebeker-en Superrugby daar.

Soos met Brüssow, het Heyneke Meyer hom nader getrek in 2010 om in te staan vir die beseerde Schalk Burger.

Die Karoo-seun, se 100m tyd is 10,9 sekondes.

Behalwe dat Meyer reken Deon is nie groot genoeg nie, stel hy nie vêrder in hom belang nie weens sy geneigdheid om strafskoppe af te staan.

Dit pla ander afrigters soos Frans Ludeke min.

“ Ek soek in ‘’n ou soos Steggies, ’n ou wat elke week dieselfde is. Soos Heinrich, is daar bitter min verskil in die manier van hul speelstyl.

“Deon is elke week dieselfde, hy hou nie op nie. Dis ‘’n speler wat al die ander op die veld laat verstaan dat hy daar is.

“Hy is soos Brüssow, akkuraat om die bal af te neem. Jy wil die opposisie se kontinuïteit breek. Hulle hou die spel in stand met ses-sewe fases op hul eie. Jy wil so ‘n ou nooit afhaal nie en hoop hy kan sy 80 minute klaar speel sonder ‘n besering.”

Dit is duidelik dat Frans, soos Naka Drotské, sy oopkant flanke moet bestuur.

“ As hierdie ouens elke wedstryd speel, moet jy hulle goed bestuur. Die knocks en hammering wat hulle lywe vat is absurd. Hulle jag die bal saam met ons nommer 12 en 9’s.

“Sommige wedstryde moet jy hulle heeltemal uithaal en laat rus of iemand soos hulle op die bank te hê.

“Lappies (Laubuschagne) en hy vul mekaar perfek aan. Lappies is ‘n 7 en ‘n 8 en hy en Deon se spel komplimenteer mekaar goed.”

Heyneke se besorgdheid oor oopkant flanke wat stafskoppe afstaan, word só die nek ingeslaan: “ alle oopkant flanke hou die stats aan die gang, as jy nie ‘n strafskop afstaan nie, is jy nie in die spel nie.

“Hulle word beter met tyd, maar dis sy werk om op die grond te gaan stoei vir die bal. Hy sal mettertyd sekere skeidsregters se oog vang en dan moet jy hom maar net bestuur totdat jy die interpretasie verstaan.”

“Hulle moet kan aanpas, waar op die veld, watter tyd in die wedstryd is belangrik.”

Skeidsregters se interpretasie van die “fair contest” bring onsekerheid na die spel van ‘n oopkant flank.

“Dit maak nie saak wie die skeidsregter is nie, ons wil hê hy moet die contest toelaat en dit fair maak na beide kante.

“Dis hoekom hulle game breakers is, hulle kan met hul vaardigheid die wedstryd heeltemal oop ruk.”

Duidelik is hierdie spelers ‘n spesiale broeisel: “jy moet nooit weggaan uit die spel nie, jy moet ‘n tenacity hê wat die spel wil domineer.

“Jy word ge-target want jy is die spelbreker. Almal is ingezoem op jou. Jy moet vir 80 minute bly kom. Sommige ouens word daarmee gebore en by ander kan jy dit coach.

“Jy kan sien dis tawwe ouens met merke op hul lywe en gesigte. Jy breek gereeld ‘n neus of ‘n vinger want jy doen donkiewerk. Hulle skram nooit weg van kontak af nie, hulle kom vir jou.”

 

Met Brüssow en Stegmann gaan dit tans goed.

Hulle geniet hul rugby en doen wat oopkant flanke moet doen vir hul spanne met groot sukses.

Hulle is egter vir sommige ander afrigters te klein.

Net groot genoeg om te fetch.

 

Related Posts

« »